Die onderwysstelsel van Bophuthatswana: 'n situasie- en behoeftebepaling
[摘要] Afrikaans: 'n Doeltreffende onderwysstelsel is een van die belangrikste bydraende faktore tot volgeheue ontwikkeling van 'n land. Omdat onderwys 'n duur onderneming is, moet voortdurende pogings aangewend word om dit so doeltreffend moontlik te maak. Beplande ontwikkeling van 'n land moet dus ook die beplanning van 'n doeltreffende onderwysstelsel insluit. Hierdie studie het dit ten doelom inligting oor die onderwyssituasie in Bophuthatswana te verskaf en breë riglyne neer te lê wat as grondslag vir toekomstige onderwysstelselbeplanning kan dien. Die onderwys van die Batswana het vanaf die eerste sendingpoging aan die begin van die 19de eeu in bykans 160 jaar gegroei tot 'n volwaardige eie onderwysstelses met eie wetgewende gesag en eie beheer deur 'n eie Departement van Onderwys. Teen 1973, met die aanname van die Bophuthatswana-wet op Onderwys deur die Bophuthatswana Wetgewende Vergadering, is onderwys reeds aan 314 601 leerlinge deur 5 415 onderwysers in 735 skole gegee. Teen 1977 ontvang 404 963 leerlinge verskillense Soorte onderwys - meer as 80 persent primêre onderwys en benewens sekondêre onderwys ook ambags, vak- en tegniese opleiding. 'n Begin is met gevorderde tegniese opleiding gemaak, terwyl onderwysersopleiding by 7 opleidingskolo verskaf word. Landbouopleiding word deur die Departement van Landbou van Bophuthatswana aan 'n landboukolleqe te Taung verskaf. Vir universiteitsenderwys is Bophuthatswana tans nog aangewese op inrigtings buite Bophuthatswana.Alle onderwysersopleiding en die grootste gedeelte van ander beroepsgerigteonderwys is onder staatsbeheer, terwyl ondersteunde gemeenskaskole eiemeerderheid van die primêre en sekondêre leerlinge huisves. Die Departement van Onderwys oefen sentrale beheer oor die onderwys uit, terwyl gedesentraliseerdebeheer vanuit 14 kringinspeksiekantore geskied. Skoolkomitees, onder toesig van kringinspekteurs, bestuur gemeenskapkole, enprivate skole word deur hul eienaars beheer en deur private bestuursliggame bestuur.Tot standerd 4 is die moedertaal die onderrigmedium waarna oorgeskakelword na Engels as onderrigmedium vir alle verdere onderwys. Die sillabusse van die Departement van Bantoe-onderwys word in alle skole gevolgen aan die einde van standerd 5 en vorm III word die eksterne eksamenvan dié Departement afgelê. Senior sekondêre onderwys lei tot 'nsenior sertifikaat wat met óf sonder universiteitsvrystelling verwerfkan word. Die Gemeenskaplike Matrikulasieraad sien toe dat die standaarddieselfde is as vir ander onderwysdepartemente in die Republiekvan Suid-Afrika.Indien die volgehou groei in leerlinggetalle voortduur, behoort daar teen1980 465 500 primêre en sekondêre 1leerlinge in Bophuthatswana te wees.Die groei van leerlinggetalle beklemtoon onder andere die reeds bestaande behoefte aan meer en beter gekwalifiseerde enderwysers en aan meer en betergeskikte akkommodasie en toerusting. Die behoefte aan meer opleidingsgeriewe vir verskillende soorte onderwys blyk onder andere uit die afwesigheid van sekondêre landbouskole en tekorte in opleidingsinrigtingsvir tegnici. Ander probleme sluit in die hoë persentasie vroeë skoolverlatersen die probleme romdom die instelling van skoolplig.Op primêre skoolvlak moet die strewe wees om universele geletterdheidaan die bevolking te verskaf. Daarom moet die instelling van skoolpligop die laer primêre vlak hoë prioriteit geniet. Op hoër primêre vlakbehoort die kurrikulum meer prakties te wees om aan te sluit by meergedifferensieerde studierigtings wat op sekondêre vlak ingestel behoortte word.Onderwysersopleiding, wat indiensopleiding insluit, moet baie hoë prioriteitgeniet en die instelling van die senior sekondêre onderwyserskursusna vorm V behoort onmiddellik te geskied.Die oprigting van 'n eie universiteit moet voorafgegaan werd deur navorsingom die behoefte van Bophuthatswana na tersiêre onderwys te bepaal.Sielkundige dienste, ingestel op eie behoeftes, behoort uitgebou te word,en volwassene-onderwys wat geletterdheidsprogramme insluit, moet gekoordineerd geskied.Koordinasie tussen die land se algemene ontwikkelingsplanne en die beplanningvan die onderwys is onbelangrike vereiste om 'n doeltreffende onderwysstelsel vir Bophuthatswana te verseker.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]