Pogings tot Suid-Afrikaanse gebiedsuitbreiding, 1910-1924
[摘要] Afrikaans: Die pogings wat sedert Uniewording aangewend is om Suid-Afrika se gebied uit te brei, het nog weinig aandag van historici ontvang. In elk geval het geen Suid-Afrikaanse, historikus nog meer as net verbygaande aandag daaraan bestee nie. Tog is die tema van groot belang, want dit is bekend dat beide die onderskeie Suid-Afrikaanse regerings en die Britse regering metUniewording en daarna die grensafbakening van Suid-Afrika as voorlopig beskou het.Vanaf die kant van Britse historici het wel enkelewerke die 1ig gesien wat die tema ophelder. Die bekendste hiervan is R. Hyam, The Failure of South AfricanExpansion. Sy werk berus op navorsing wat hy in dieRecord Office te Londen gedoen het, en was van grootwaarde by die afhandeling van hierdie werk.Daar is min oor die tema in Suid-Afrikaanse argieweterug te vind. Die klaarblyklike rede hiervoor is datalle skakelwerk met die Britse regering insake die uitbreiding van Suid-Afrika se grense deur middel van dieGoewerneur-generaa1 geskied het. Enkele verwysings indie amptelike korrespondensie van die Eerste Minister enin die Smuts Papers is die uitsondering.Daar is vryelik van koerantnavorsing gebruik gemaak omstof in te samel. Veral die Engelstalige koerante was hier waardevol.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]