Studies oor die toeganlike sinkstatus van sekere Vaalhartsgronde
[摘要] Ten einde 'n volledige beeld van die toeganklike sinkstatus van grondevan die Vaalhartsbesproeiingskema te verkry, is 36 veldproewe by verskillendeboere op die skema uitgele. 'n Ewekansige blokontwerp is in alle gevallegebruik. Die hoeveelheid sink wat met 0,1 N HCl, met E.D.T.A. en met ditisoongeëkstraheer kan word, is vir al die grondmonsters bepaal en met die plantparameters:sinkkonsentrasie in die plant op pypstadium, plantmassa op pypstadium,sinkopname tot op pypstadium en oesmassa in al die kontrole-perselegekorreleer. Uit hierdie gegewens kon kritiese grenswaardes vir die ektraksie-metodessowel as vir die plantparameters vasgestel word, wat van groot praktiese belang is. Op grond van praktiese bruikbaarheid en eenvoud kan die E.D.T.A.-en HCl-metodes bo die'ditisoon-metode aanbeveel word, terwyl-met die E.D.T.A.-metode 'n effense meer betroubare voorspelling van verwagte oesmassa gegee kan word.Geen reaksie in die oesmassa kon met sinktoediening verkry word nie, hoeweldaar aansienlike reaksie in plantmassa en sinkopname te bespeur was. Ditis ook duidelik dat die vegetatiewe groei van koring van die sinkkonsentrasiein die grond afhanklik is maar dat die reproduktiewe groei geensins deur diesinkkonsentrasie in die grond beïnvloed word nie.Dit het ook geblyk dat van die drie sinkkunsmisstowwe wat uitgetoets is,sinkbemestingstof die swakste gevaar het. Sinkoksied het deurgaans beter gevaar,terwyl sinksulfaat reeds by die laagste peil van toediening goeie reaksiegegee het en teen hoër tóedienings swakker reaksie, waarskynlik as gevolg vantoksiteite.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]