已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die verhouding tussen die Nasionale party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924-1929
[摘要] Afrikaans: Die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Party en die NasionaleParty, 1924-1929 is van belang omrede daar tot op die huidigeweinig akademiese verhandelings en proefskrifte oor hierdieperiode in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die liggesien het.Die tema van dié verhandeling is nie gerig op formele partygeskiedenis,hetsy van die Nasionale Party, Suid-Afrikaanse Partyof Arbeidersparty nie. Daar is bloot getrag om aan die handvan die belangrikste politieke gebeurtenisse van dié tyd die verhoudingsituasietussen die twee grootste partye, die Suid-Afrikaanse-en die Nasionale Party, uit te lig en te ontleed. Somshet velerlei gebeurtenisse en uitlatings 'n betrokke verhoudingsituasiein die hand gewerk en was dit noodsaaklik om die voorafgaandepolitieke en geskiedkundige agtergrond redelik volledigte skets ten einde die partyverhouding duidelik te belig, en veral omdathierdie agtergrond nog nie elders wetenskaplik behandelis nie.Hoewel daar vrylik van gepubliseerde en ongepubliseerde bronne-materiaal gebruik gemaak is, is veral argivale bronne en periodiekepublikasies geraadpleeg. Groot waarde is aan persoonlikekorrespondensie geheg, aangesien briewe dikwels die intiem-persoonlikeopenbaar. Hier is swaar geleun op stof uit veral dieversamelings van J.C. Smuts, J.B.M. Hertzog, E.G. Jansen, C.R.Swart, F.H.P. Creswell en G.S. PreIIer.Min navorsingsprobleme is ondervind, maar dit is tog jammerdat die dokumente-versameling van die prominente politieke figuur uit hierdie tydperk, naamlik dié van die destydse Ministervan Binnelandse Sake, dr. D.F. Malan, nie vir navorsing toeganklikis nie.Daar is gepoog om die nuusblaaie en periodieke publikasies watdie twee hoofpartye gesteun het in 'n gebalanseerde verhoudingte raadpleeg. Vanweë die omvangryke navorsingsmateriaal is somsprobleme met die sintese en selektering van die stof ondervind,aangesien daar soveel bydraende faktore, hetsy in die vorm vangebeurtenisse of uitsprake is, wat In verhoudingsituasie tussentwee partye kon beinvloed het.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文