已收录 273176 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Ontwikkeling van die stelsel van plaaslike regering en administrasie van Richardsbaai
[摘要] Afrikaans: Met hierdie verhandeling is beoog om:- die eksterne faktore wat die aanpassing van die stelsel vanplaaslike regering en administrasie vir die dorpRichardsbaai beïnvloed het, uiteen te sit;- die unieKe reëlings wat vir die plaaslike regering van diedorp getref is, te beskryf;- die organisatoriese reëlings wat die Dorpsraad moes tref omte voldoen aan die vereistes wat die ontwikkeling van diedorp gestel het, te ontleed;- vas te stel hoe te werk gegaan is om met verloop van tyd 'nstesel van personeeladministrasie te ontwikkel; en- die uitsonderlike maatreëls wat as gevolg vaneiesoortige omstandighede vir die finansiering vandie dorp gestel is, te beskryf.Politieke en ekonomiese faktore het tot die vestiging van 'nnuwe hawe te Richardsbaai aanleiding gegee. Die ontwikkelingvan 'n hawe was egter nie die enigste oogmerk van die SentraleRegering nie. Die projek moes ook die weg baan nagrootskaalse nywerheids- en stedelike groei. Vir die eerstekeer in die staatkundige geskiedenis van Suid-Afrika sou dieSentrale Regering 'n nuwe stad beplan, ontwikkel en finansier.Die koers waarteen Richardsbaai sou ontwikkel, het vereis dat'n geskikte stelsel van plaaslike regering ingestel moes word.Deur bemiddeling van ooreenkomste tussen die belanghebbendeowerheidsinstansies op sentrale, provinsiale en plaaslikevlakke is daarin geslaag om 'n dorpsraad daar te stel wat nieslegs uniek in sy samesteiling was nie, maar wat, ook op 'nspesiale wyse met bevoegdhede beklee is wat by sy taak gepashet.Die Administrateur van Natal het met ingang van 10 Junie 1969'n dorpsraad bestaande uit sewe lede vir Richardsbaai ingestel,en die voorsitter en lede daarvan benoem.Dit het spoedig geblyk dat die bevoegdhede waaroor die nuutaangestelde Ordonnansie beskik het, Dorpsraad van Richardsbaaiop Plaaslike Bestuur, 1942 nie voldoende was om ingevolge die Natal(Ord. 21 van 1942), die ontwikkelingstaak effektief te kon behartig nie. Onderhandelinge tussen die Dorpsraad en die Natal Provinsiale Administrasie het daartoegelei dat voornoemde Ordonnansie paslik gewysig is. Hierdeurhet die Dorpsraad spesiale bevoegdhede bekom wat hom in staatgestel het om sy taak uit te voer.Voornoemde uitsonderlike reëlings wat getref is om 'n stelselvan plaaslike regering en administrasie vir Richardsbaai te ontwikkel, beklemtoondie noodsaaklikheid om somsonkonvensioneel en innovatief te werk te gaan omontwikkelingsdoelwitte te bereik. Gevestigde praktyk is dusnie toegelaat om die bevordering van die algemene welsyn testrem nie.Die ontwikkeling van Richardsbaai het ook die noodsaaklikheid virsoepelheid in die provinsiale owerhede se beleid virplaaslike regering en administrasie opnuut na vore gebring.Die Dorpsraad het afdelings en departemente geskep om sydoelstellings te bereik. Die organisatoriese reëlings is vantyd tot tyd aangepas om by die plaaslike omstandighede enbehoeftes aan te pas. Paslike reëlings is ook getref vir diebehartiging van personeelaangeleenthede.Die Sentrale Regering het die Dorpsraad op 'n unieke wysegefinansier. Lenings is aan die Dorpsraad toegestaan.Die lenings tesame met gekapitaliseerde rente moes onderworpe aanbepaalde voorwaardes op voorafbepaalde datums aan die SentraleRegering terugbetaal word.Ekonomiese en politieke oorwegings het veroorsaak dat die dorpRichardsbaai nie teen die verwagte koers kon ontwikkel nie.As gevolg hiervan kon die Dorpsraad nie die leningskuldteenoor die Sentrale Regering aflos nie. 'n Beroep op dieSentrale Regering om direkte finansiële verantwoordelikheid teaanvaar, is deur laasgenoemde erken. Sodoende het dieSentrale Regering en die Dorpsraad gesamentlikverantwoordelikheid vir die finansiering en die ontwikkelingvan die dorp Richardsbaai aanvaar.Die Ontwikkeling van die stelsel van plaaslike regeringadministiasie van Richardsbaai het die les geleer datbestaande instellings en administratiewe reëlings nie summieroorboord gegooi moet word nie, maar met verbeeldingskrag byveranderde en veranderende omstandighede aangepas kan word.Hierdeur is 'n voorbeeld gestel wat in vergelykbareomstandighede navolgingswaardig kan wees.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文