已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ekonomiese evaluasie van sommige gewasopvolgingstelsels onder droëlandtoestande in die Middel-Vrystaat
[摘要] Afrikaans: Gewasprodusente in die Middel-Vrystaat het gevind dat dieinskakeling van 'n somergewas in bestaande wintergewasproduksiestelsels,met gepaardgaande langer braakperiodes, aanleidinggee tot verhoogde graanopbrengste en 'n verminderingin onkruidprobleme en wortelsiektes. Hierdie bevindinge hetdaartoe aanleiding gegee dat vrae by die gewasprodusent ontstaanhet rondom die ekonomiese geregverdigheid van wisselbou-en braaklandstelseis. Die doel van hierdie studie was om ten spyte van 'n gebrek aan plaaslike navorsingsresultate,die voordele en nadele van wisselbou- en braaklandstelsels,soos gereflekteer deur langtermynwinsgewendheid, teenoor dievan monokultuurverbouing op te weeg en om in die proses diemees ekonomiese stelsel te identifiseer.Vir hierdie doel is 'n hipotetiese boerdery-eenheid in dieondersoekgebied gekonstrueer. Die gewasopbrengste van koringen mielies is met behulp van gewasgroeimodelle bereken opbasis van die daaglikse klimaatsomstandighede in die gebiedvir die tydperk 1960 tot 1983. Daar is bevind dat koringopbrengsop braaklande gemiddeld 76% hoër as die by monokultuurkoringwas, met 'n koêffisiênt van variasie van 19,6 % teenoor die 51,9 % van monokultuurkoring. Braaklandmielieopbrengste was 30% hoër as die van monokultuurmielies, met 'nkoëffisiënt van variasie van 49,7% by albei.Ses verskillende gewasopvolgingstelsels is geëvalueer,naamlik monokultuurkoring, monokultuurmielies, langbraakkoring,koring-koring-Iangbraak, koring-mielie-wisselbou enkoring-koring-mielie-wisselbou. Deur die wins van dieboerdery-eenheid vir elke stelsel te bereken, is bepaal datdit essensieel is om 'n ekonomiese evaluasie van gewasopvolgingstelselstot op boerderywinsvlak deur te voer, aangesienalle koste-aspekte waarin verskille kan voorkom, nie op brutomarge- en netto inkomste-vlak in ag geneem kan word nie. So isdaar bevind dat die stelsel met die laagste bruto boerderyproduksiewaardedie derde hoogste marge bo veranderlike kosteen die tweede hoogste boerderywins op grond van gemiddeldeopbrengs gehad het. Die koring-mielie-wisselboustelsel hetdie hoogste boerderywins getoon.Deur jaarlikse boerderywinssyfers oor die 24-jaartermyn tebereken, is bevind dat dit belangrik is om so 'n evaluasienie net op gemiddeldes te baseer nie. Die monokultuurstelseIs,met die laagste gemiddelde winssyfers, het in minstens7 van die 24 jaar die hoogste boerderywins gehad. Die stelselmet die hoogste gemiddelde winssyfer het in 3 van die 24jaar 'n verlies getoon, terwyl die langbraakkoringstelsel ingeen jaar 'n verlies getoon het nie.Deur jaarlikse absolute boerderywinssyfers met behulp vanprysindekse te bereken, is bevind dat 'n ekonomiese evaluasiemet konstante pryse aanleiding kan gee tot 'n verkeerdebesluit. Die verhouding tussen die pryse van koring,mielies, boerderybenodigdhede en verbruikersitems hetgedurende die 24-jaartermyn sodanig verander dat 'n bepalingvan die absolute huidige waarde van die jaarlikse boerdery-winssyfers getoon het dat die langbraakkoringstelsel of dielangtermyn meer winsgewend as die koring-mielie-wisselboustelselwas.Omdat bogenoemde boerderywinsberekenings slegs die vastekoste voortspruitend uit die belegging in losgoedkapitaalitemsen nie die verskil in die jaarlikse gebruik en gepaardgaandevervangingskoerse in ag geneem het nie, is die interneopbrengskoers van elke gewasopvolgingstelsel op basis vanhierdie berekening het die winsgewendheidsvolgorde op basisvan absolute boerderywinssyfers bevestig, alhoewel dieverhouding tussen die onderskeie stelsels verander het.Hierdie berekening kan dus ook 'n verandering in die winsgewendheidsrangordevan gewasopvolgingstelsels teweeg bring,wat nader aan die kol as enige van die vorige berekenings sal wees.In die laaste instansie is die risiko van elke stelsel interme van die waarskynlikheid om in 'n bepaalde jaar nie instaat te wees om die vaste verpligtinge van die boerdery-eenheid na te kom nie, bereken.Hierdie waarskynlikheid was 11,3% by die langbraakkoringstelsel en 22,8% by die koring-mielie-wisselboustelsel, teenoor die 54,2% van monokultuur-mielies en die 47,7% van monokultuurkoring.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:7      统一登录查看全文      激活码登录查看全文