已收录 273175 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die rol van belangstelling by verskillende studierigtings aan die U.O.V.S.
[摘要] Afrikaans: In die praktyk is gevind dat belangstelling nie bevredigenderesultate lewer ten opsigte van die voorspelling van· prestasie nie.Hierdie bevindings word bevestig deur vorige navorsing.Om 'n moontlike oplossing vir hierdie probleem tekry, is besluit om die kriterium waarteen belangstelling valideer word, te wysig en om 'n navorsingsmodel te gebruik wataan die vereistes van die kriterium voldoen.Uit die aard van belangstelling, naamlik dat dit dinamies van aard is; dit 'n motiveringskrag besit; dit 'n bepaalde gerigtheid het; daar nie 'n duidelike onderskeid tussen belangstellings en houdings aangetref word nie; belangstelling'n gevoelsaspek besit; belangstelling 'n voorkeur bepaal;dit gepaard gaan met aandag; belangstelling 'n behoeftebevredigendebasis het; dit beïnvloed word deur kennis en ervaring; belangstelling deel is van persoonlikheid en dit relatief konstant is, kan afgelei word dat dit 'n rigtinggewende krag is, wat gedrag as sodanig rig.'n Kriterium wat aan die vereistes voldoen het, wat deur dieaard van belangstelling gestel is, is studierigtings. Daaris 4 groepe dames en 4 groepe mans saamgestel en hulle is gekoppel aan die breë studierigtings, Handelswetenskappe, Natuurwetenskappe, Lettere en Sosiale Wetenskappe en 'n groep wat gestaak het (Weg-groep). Die navorsingsmodel wat hierby aangepas het, is diskriminant-analise en eenrigtingvariansie-analise. Beduidende F-waardes is met behulp van Scheff~se toets verder ondersoek.Die belangrikste bevindings is die volg.ende: Sover dit belangstelling betref, kom mans en dames uit afsonderlike populasies. Die diskriminant-analise bet 61,22%.van die mansin die onderskeie groepe reg klassifiseer en 50,2% van diedames. Die eenrigtingvariansie-analise bet aangetoon datdaar verskille tussen die groepe bestaan. v Die Scheff-toets bet beduidende verskille tussen die mansgroepe op dievolgende velde aangetoon: Beeldende Kuns, Uitvoerende Kuns,Taal, Welsynwerk, Geselligheid, Openbare Optrede, Regte,Wetenskap, Prakties-Manlik, Numeries, Besigheid en Klerklik.Die damesgroepe verskil onderling ten opsigte van Beeldende Kuns,Oitvoerende Kuns, Taal, Histories, Wetenskap, Prakties-Manlik,Numeries, Besigheid, Klerkljk en Rondreis. Die meeste vanhierdie verskille was beduidend (p �?0, 01) en was in ooreenstemming met die samestelling van die kriteriumgroepe.Dit wil yoorkom asof sommige velde, soos Diens, Natuur, Sport, Werk-stokperdjie en Aktief-Passief, se aard sodanig is datdit nie 'n onderskeid tussen studierigtings moontlik maak nie.Daar is verder gevind dat belangstelling, soos gekoppel aanstudierigtings, meer bevredigende resultate vir mans as virdames gelewer bet. Die beduidende verskille wat tussen diestudierigtings gevind is, gee geen aanduiding van hoe suksesvol 'n student in 'n rigting gaan wees nie. Tog sal dit 'nbelangrike invloed uitoefen op die keuse van 'n studierigtingen in die strewe van 'n student om suksesvol te wees.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文