已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die invloed van pop-musiek op die skoolgaande Afrikaanssprekende jeug soos vasgestel by 'n groep senior leerlinge aan ses hoërskole van die Witwatersrand - 'n evaluering in Bybelkundige perspektief
[摘要] Afrikaans: Die onmiskenbare en veelbesproke absolute feit van die temavan hierdie verhandeling staan vir ons by voorbaat vas, soosook sal blyk uit die volgende hoofstukke.In hierdie verhandeling sal uiteraard duidelik onderskeimoet word tussen die verskillende tipes pop-musiek, om niein simplistiese veralgemening te verval nie. Al die onderskeietipes word egter nie bespreek nie, maar net daardieuitinge van pop-musiek wat op die oomblik baie relevant isen populariteit onder die jeug geniet.Die tema van die verhandeling dui op 'n christelik-prinsipiëlebeoordeling van pop-musiek. Ons wil beklemtoon dat'n beoordeling daarvan mank kan gaan aan diepgang indiendaar aprioristiese en oppervlakkige afwysings is van alleswat in die breë as popmusiek bestempel word. Daarom tragons om so objektief as moontlik 'n regverdige beeld vanpop-musiek te gee al kom talle kritiese uitsprake uiteraardna vore.Om die literêre navorsing by die praktyk te laat aansluit,en om te bepaal of die hipotese aanvaar of verwerp moet word,is daar besluit om 'n vraelys oor pop-musiek saam te stelen aan ses prominente Afrikaanse hoërskole aan die Witwatersrandvir beantwoording te stuur. Dié ses hoërskole is gekiesomdat hulle binne en rondom Johannesburg gesentreerd is en die proefgroep 'n verteenwoordigende deel uitmaak vanAfrikaanse leerlinge in hierdie gebied wat in die brandpuntstaan vanwaar pop-musiek veral konsentreer op die jeug vanalle bevolkingsgroepe.Nadat skriftelike magtiging van die Transvaalse Onderwysdepartementverkry is vir die uitstuur van genoemde vraelystena die betrokke skole, is vier van die hoofde vanhierdie skole persoonlik genader om hul samewerking in diéverband te verkry, terwyl die ander twee telefonies bereik15. Volledige instruksies is by alle vraelyste ingesluit,sodat die proefbeamptes ten volle op hoogte was van hoevraelyste beantwoord moes word.'n Totaal van 310 vraelyste is uitgestuur en 'n buitengewoneterugvoering van een honderd persent is terug ontvang.Hierdie sukses kan toegeskryf word aan die persoonlike belangstellingvan die betrokkenes by die onderwerp, en ookmoontlik aan die persoonlike toesig van die verantwoordeliketoesighouers wat die instruksies deeglik bestudeer en deurgevoerhet. Die nodige bedankingsbriewe is na terugontvangsvan die vraelyste aan die hoofde van dié betrokke hoërskolegestuur.Die vrae in die vraelyste is opgestel op so 'n wyse dat informasieoor die volgende aspekte verkry kon word: 1. Trefkrag en invloed van pop-musiek. 2. Eienaarskap van musiekdraende items en geldelike uitgawesdaaraan verbonde.3. Luistergewoontes.4. Menings en houdings oor suggestiwiteit en dwelmmiddelverheerliking.5. Waarde-oordele oor Christelike pop-musiek.6. Pop-feeste en disko's.Dit was belangrik om die vrae nie noodwendig so op te steldat die vrae die respondente in 'n sekere rigting lei niemaar om slegs basiese informasie te verkry. By die ondersoekis die vrae wat met mekaar verband hou, gegroepeerom sodoende die nodige afleidings te kon voltrek.'n Hipotese is soos volg geformuleer:Pop-musiek het nie 'n merkwaardige invloed·op dieChristelike Afrikaner-jeug van albei geslagte tussendie ouderdomme 17 en 20 jaar nie.Dis 'n hipotese waarvan ons oortuig was nie op grond van vaeintuisie nie, maar van die ondervinding met pop-musiek voorhierdie ondersoek begin het. Dit is heel interessant datdie meer gedetailleerde ondersoek hierdie hipotese bevestig,eerstens wat betref gesaghebbende uitsprake en tweedens opgrond van die empiriese ondersoek. Daarmee is die negatieweopset en invloed van pop-musiek egter nie in die minste gerelativeernie.Die logiese gang en opset van die verhandeling sal hoofsaakliksoos volg daar uitsien:1. Inleiding, doelstelling en hipotese.2. Literatuurstudie.3. Die ondersoek.4. Kritiek, bespreking en aanbevelings.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:13      统一登录查看全文      激活码登录查看全文