已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Teoretiese en praktiese inleiding tot historiografiese annotering
[摘要] Afrikaans: Historiografiese annotering is 'n belangrike onderdeel vandie geskiedenis-as-wetenskap. Hoewel talle historiciannotering beoefen en geannoteerde tekste in gepubliseerdevorm die lig sien, is historiografiese annotering op sigself 'n onderwerp waaroor daar nog weinig geskryf is.In hierdie verhandeling word historiografiese annoteringkrities onder oë geneem, ontleed en aan die hand vanvoorbeelde bespreek. Die studie is dus beide 'n teoretiese en 'n praktiese inleiding tot annotering. Vraewaarop gelet word, is byvoorbeeld: Wat is annotering?Wat word geannoteer? Hoekom word geannoteer? Hoe wordgeannoteer? Die beginsels, metode en tegniek van annotering word bespreek. Die plek van historiografieseannotering in die geskiedenis-as-wetenskap word onderdie soeklig geplaas, asook ander probleme en aspektem.b.t. annotering, bv. die probleem van subjektiwiteit,die huidige stand van annotering t.o.v. die Suid-Afrikaansehistoriografie en die plek van illustrasies in annotering.Ten slotte word die bestanddele van 'n geannoteerde teks.uiteengesit en bespreek.Die oogmerk is deurgaans om historiografiese annoteringnie slegs teoreties aan die hand van praktiese voorbeeldete bespreek nie, maar om ook aan die voornemende annoteerder, asook by wyse van vernuwing aan diegene wat reedsprakties geannoteer het, basiese riglyne t.o.v. annotering aan te dui; probleme en slaggate uit te wys enwenke te gee. Die studie bly egter in wese slegs 'ninleiding tot die onderwerp, en daar word nie op volledigheid aanspraak gemaak nie.Die annotering van die oorlogsherinneringe van wyle kmdt.Jacob Petrus (Japie) Neser uit die Anglo-Boereoorlog,1899-1902, het as aansporing gedien vir die skryf vanhierdie studie oor historiografiese annotering. Hoeweldie voltooide geannoteerde oorlogsherinneringe van kmdt.Neser as die praktiese uitgewerkte voorbeeld van wat inhierdie studie teoreties uiteengesit word, beskou kanword, kon dit in die lig van die omvangrykheid van dieteoretiese studie, nie by hierdie verhandeling ingesluitword nie. Dit sal weldra in die Christiaan de Wet-Annale opgeneem word.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文