已收录 273176 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Sintese en struktuur van Pirano-isoflavanoïede
[摘要] Afrikaans: Die medisinale gebruik (waarskynlik as antiseptikum) van die bas vanDalbergia nitidula Welw. ex Bak. (Leguminosae) deur inboorlinge hettot die huidige chemiese ondersoek aanleiding gegee.Hierdie ondersoek behels dus die isolering en struktuuropklaring vanvier nuwe, natuurlike isoflavane, naamlik leiocin, nitidulin, nitidulanen heminitidulan, asook drie nuwe pterokarpaan-analoë waaraan diebenamings nitiducarpin, hemileiocarpin en nitiducol toegeken is.'n Verdere nuwe isoflavaan, leiocinol se struktuur kon slegs gedeeltelikopgeklaar word, terwyl die isolasie van leiocarpin, 'n bekende pterokarpaan, 'n gerieflike verwysingselement in die stereochemiese opklaringvan die pterokarpane daargestel het. Ter bevestiging van die strukturevan die isoflavane, is 'n totaalsintese van 2'-0--metielleiocin uitgevoer.Die stereochem ie by C-3 van die isofLavane is met behulp van SD-kurwes as3S bepaal, terwyl dié van die pterokarpane 6aS, llaS blyk te wees.Stereochemiese ekwivalensie by 'n enkele chiralsentrum, naamlik C-3Ivan isoflavane en die ooreenstemmende C-6a van pterokarpane, dui op 'ngemeenskaplike biogenetiese oorsprong van hierdie twee tipes verbindinge.Substitusiepatrone van die metaboliete toon 'n noue verwantskap, in ooreenstemming met biogenetiese oorwegings. Die verbindings, met uitsondering van nitiducol, bevat deurgaans 'n addisionele 2H-piraanring aan die A-ring van die isoflavanoïedskelet. In verskeie gevalle is die. 2H-piraanringkonvensioneel 2,2-dimetiel-gesubstitueerd (leiocin, leiocinol, hemileiocarpin), terwyl dit in ander gevalle 'n interessante en seldsame2-metiel-2-(4-metiel-3-penteniel) substitusiepatroon besit (nitidulin,nitidulan, heminitidulan, nitiducarpin).Nitiducol, 'n pterokarpaan, bevat 'n geranielsyketting en orto-hidroksigroep as substituente, wat in die gesikliseerde isomeer deur die 2-metiel-2-(4-metiel-3-penteniel)-2H-piraanring (nitiducarpin) verteenwoordig word.Die voorlopige struktuur van die isoflavaan, leioeinol, is onderhewig aanverdere bevestiging deur totaalsintese.Ter ondersteuning van die strukture van 'n aantal verwante isoflavane is'n totaalsintese van 2'-O-metielleiocin uitgevoer. Aanvanklik is gepoogom leiocin via die ooreenstemmende chalkoon en isoflavoon te berei, maardie sintese kon vanweë swak isoflavoonvorming in die teenwoordigheid vandie vry hidroksifunksie nie voltooi word nie. 2'-0-Metielleiocin isegter suksesvol gesintetiseer en die produk is identies aan die 2'-0-metieleter van die ooreenstemmende natuurproduk bevind.'n Totaalsintese van die oorblywende metaboliete, sowel as 'n ondersoekna die anti-patogene en medisinale eienskappe van die verbindings word indie vooruitsig gestel.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文