Bewoningsbevrediging in die blanke woonhuissektor binne die munisipaliteit van Bloemfontein: 'n studie van proses, patroon en strategie
[摘要] Afrikaans: Die primêre doelstelling met hierdie studie behels dieinterpretering en geïntegreerde hiêrargiese sone-ordeningvan sekere gekose wooneenheid- en woonbuurtdimensies waaroorhuisbewoners bepaalde vlakke van tevredenheid voorhou. 'nSekondêre doelstelling omvat die soeke na 'n verwantskaptussen die tevredenheidsvlakke van huisbewoners en bepaaldedemografiese sowel as sosio-ekonomiese faktore. Hierdiedoelstellings is deurlopend in gedagte gehou en is veraldeur middel van hipotese-verifiêring aangespreek.In hoofstuk I is verskeie gepgrafiese benaderings behandelwaarna die humanitêr-georiênteerde gedragsbenadering, wathierdie navorsing sterk aanspreek, as geografiesenavorsingsbenadering vir hierdie studie aanvaar is.Konseptualisering van bewoningsbevrediging en dieverwantskap daarvan met Omgewingsielkunde is onderskeidelikin hoofstukke 2 en 3 behandel. In hoofstuk 4 is houdings asfundamentele begrip in die metodologie van hierdie navorsingverkonseptualiseer.Nadat die na vorsLnq apro's edu re in hoofstuk 5 behandel is, isalgemene beskrywende statistieke van Bloemfontein as navorsingsterreinin hoofstuk 6 verskaf, aangesien hierdie dataas beïnvloedend by bewoningsbevrediging as proses beskou is.Die gestelde hipoteses is in hoofstukke 7 tot 9 geverifieer.Die belangrikste bevindinge is soos volg:- Woonhuisbewoners is oor die algemeen positief teenoor hulle gevolglik residensiêle leefruimte en 'n redelike mate ervaar bewoningsbevrediging.- Daar bestaan 'n noue verwantskap tussen fisiese voorkoms, sosiale interaksie, woonbuurtdienste, veiligheid, woonhuis en die erf as komponente van bewoningsbevrediging.- Bewoningsbevrediging toon 'n verband met bepaalde huishoudingskenmerke. Gunstige eienskappe van die huishouding sal 'n groter mate van bewoningsbevredigingin die hand werk. Dit is veral waar wat hoër sosio-ekonomiese status, hoë oudersomstadium, 'n langer residensietydperk by 'n bepaalde adres en eienaarstatus betre.- Daar is verder daarin geslaag om 'n geïntegreerdechorologiese ordegroepering met betrekking tot die bepaalde bewoningsbevredigingskomponente te maak.- Houdingsanalise het ook 'n handige metode geblyk in die bepaling van omgewingsvoorkeure.- In ooreeneenstemming met 'n geverifieerde hipotese is dit ook waar dat huishoudings intrastedelik sal verskuif weens moontlike bewoningsontevredenheid.Die navorsing is afgesluit met die gevolgtrekkings in hoofstuk 11, nadat strategieformulering in hoofstuk 10 aandag geniet het. Dit behels 'n aantal spes ifieke strategieê wat in die vorm van verbeteringsprioriteite geformuleer is. Die strategieê en aanbevelings word aanbepaalde instansies/persone gerig ten einde die tevredenheidsvlak van woonhuisbewoners met hulle behuisings en residensiêle-omgewingsopset te verhoog.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]