Die opstel en standaardisering van 'n aktiwiteitsvoorkeur-analisetoets
[摘要] Afrikaans: 'n Probleem word ondervind met die indeling van belangstelling. Bestaandeindelings differensieer onnodig fyn tussen verskillende soorte belangstelling.Alle werksoorte besit in 'n sekere mate teoretiese, kommunikatiewe en praktiesehandelinge. Hierdie indeling blyk ook 'n logiese indeling van belangstelling tewees. Bestaande belangstellingsvraelyste/toetse is ook duur en neem 'n lang tydom toe te pas, na te sien en te interpreteer. Die doel van hierdie navorsing was:- om 'n deeglike studie van belangstelling te maak- om 'n nuwe indeling van belangstelling aan die literatuur te toets- om 'n belangstellingstoets op te stel en te standaardiseer om voorkeurevir aktiwiteite in genoemde rigtings te meet, en- om voorlopige aanduidings van die betroubaarheid asook praktiese bruikbaarheidvan die toetse te verkry.Belangstelling vir doeleindes van hierdie navorsing word gedefinieer as voorkeureof afkeure vir bepaalde aktiwiteite.Die· me tode waa rmee daar te werk gegaan is om die Aktiwiteitsvoorkeur-analisetoetsop te stel en uit te toets, was soos volg:- alle werkwoorde in die Afr ikaanse taal is geneem en volgens die teoretiese,praktiese en kommunikatiewe getabuleer.- 'n A B C en 'n D toets is gelyktydig opgestel. Elke toets het bestaan uitsestig items met 'n teoretiese, praktiese en kommunikatiewe werkwoord in elkeitem waarvoor daar 'n voor- of afkeur aangedui moes word.- die vier vorms van die toets is afgeneem op 6 0 0 leerlinge van beide geslagtevan 'n Afrikaanstalige hoerskool in die Vrystaatse Goudvelde. Elke leerlinghet twee vorms van die toets voltooi, hetsy 'n A en C of 'n B en D vorm.- die toetse is nagesien en 'n itemontleding is gedoen. Uit betroubaarheidsberekeningewat reeds op hierdie stadium gedoen is, het dit die moeite werdgeblyk om met die ondersoek voort te gaan.- uit die beste items van die vier voorlopige toetse is daar toe twee parallelletoetse opgestel. Die alternatiewe vorms van die toets is toe afgeneem op1200 leerlinge van drie Afrikaanstalige hoerskole in die Vrystaatse Goudvelde.Nadat die toetse nagesien is, is normtabel1e vir die totale groep, vir seunsen vir dogters, bereken.Resultate is soos volg verkry:- die toets het 'n gemiddelde betroubaarheid van r = .786 tussen die A en dieB vorms.- statistiese berekeninge het getoon dat die toets geldig is en dat dit wel tussenteoretiese, praktiese en kommunikatiewe aktiwiteite onderskei.- ten einde die geldigheid van die ontledingsdirnensies van die toets endie verwantskap tussen die dirnensies te bepaal, is 'n faktorontleding opgegewens uitgevoer. Twee faktors is onderskei. Faktor een was 'n faktorwaar kommunikasie bipoler teenoor prakties gelaai het. Dieself de verbandword uit vergelykbare toetse bevestig. Faktor twee was 'n sterk teoretiesefaktor.Die gevolgtrekkings .wat gemaak word, is dat daarin geslaag is om 'nAktiwiteitsvoorkeur-analisetoets op te stel wat geldig en betroubaar is, goedkoopis om af te neem, na te sien en relatief maklik is om te interpreteer.Daar word aanbeveel dat verdere dimensies van belangstelling uitgetoets word.Alhoewel belangstelling wat volgens die teoretiese, praktiese en kommunikatieweingedeel is, baie nuttig kan wees, meet dit nie as die enigste dimensies vanbelangstelling gesien word nie. Weens die besondere eienskappe wat die toetsin sy guns het, kan dit 'n nuttige bydrae maak in die voor ligtingsproses waar diehoerskoolkind 'n vakkeuse meet maak, of by die jong volwassene wat op die vooraandvan 'n beroep staan en wat onseker oor sy keuse is.Indien die gebruikswaarde van die toets wyer benut wil word, sal verdere uittoet.singin die verband nodig wees. Die toets kan vertaal word en op die verskillendebevolkingsgroepe in Suid-Afrika uitgetoets word. Nuwe navorsing oor belangstellingis egter 'n proses wat nooit moet eindig nie.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]