已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Gospel rap and ideology: exploring new paths in critical musicology
[摘要] Afrikaans: ARL 991Vraagstukke van musikale betekenis: 'n ideologie-kritiese benaderingOnlangse modelle van musikale betekenis, verteenwoordigend van verskillende dissiplinêreperspektiewe, wissel van semioties/ strukturalisties en semioties/stilisties tot wat as Nuwemusikologiese of postmoderne modelle getipeer moet word. Hierdie benaderings, wattoenemend gekonfronteer word deur kontekstuele dimensies van musikale betekenis, loopdikwels uit op eensydighede wat 'n spesifieke sosio-historiese of kulturele agenda ooglopendpropageer. In die geval van die semioties/stilistiese.-paradigmas, beweeg selfs uitgebreideteorieë oor musikale betekenis nie beduidend verder as die outonome teks nie. Terwylhierdie benaderings die musikale teks óf isoleer óf oorbelas, slaag dit nie daarin om musiektoereikend te tipeer nie. Musiek blyk immers 'n veelkantige, komplekse ideologiese vorm tewees wat gegrondves is in uiteenlopende en ingewikkeld verweefde implikatiewe kontekstewat sowel met die produksie as die resepsie van die teks in verband staan.Na aanleiding van Johan Visagie (1990 & 1996) se benadering tot ideologiese kultuur wilhierdie artikel die grondslae blootlê van 'n inklusiewe analitiese model wat 'gebaseer is op 'nspekulatiewe, dog beredeneerde interpretatiewe ontwerp vir die teoretisering van dieverhouding tussen simboliese (semiotiese) inhoud en diskursiewe sosio-kulturele kontekste,sonder om die belang te ontken van ander perspektieweIkontekste wat deel van 'n argeologievan diskoers vorm.ARL 992Verpak: ideologiese stelling en figuratiewe betekenis in gospel rapAs deel van die kritiek teen die universalistiese aansprake en meester-narratiewe vanmodernisme wat dominante sosiale ordes en magstrukture beskerm, is daar binne onlangsemusikologiese studies 'n toenemende bewustheid van die verskillende ideologiese kragte watdeur die musikale teks verswyg word. Terwyl hierdie insigte aanleiding gee tot 'n aansienlikeverbreding van die musikologiese agenda, laat verklarings van die ideologiese fenomeen soostoegepas binne 'n sosiaal-gerigte analise van musikale betekenis nóg ruimte vir 'ngesofistikeerde formulering van sosiale kritiek, nóg vir subtieler vorme van diskoers analise.Dikwels berus konstruksies van ideologiese mag op verskraalde, basiese modelle vanmagsverhoudinge wat op die musikale teks en konteks geïmponeer word.In hierdie artikel word beoog om die toepassing te demonstreer van noorkoepelendeideologie-kritiese raamwerk wat ontwerp is om 'n omvattende en gedifferensieerde verslag telewer van kragte aanwesig binne ideologiese kultuur. Gebaseer op Johann Visagie seIdeologiese Topografie van Moderniteit (ITM) word hierdie kartering van ideologiesekultuur verder uitgebrei met 'n afsonderlike dimensie van Visagie se model, naamlik 'nfiguratiewe semiotiek van ideologiese diskoers. Hierdie teoretiese skema word gedemonstreeraan die hand van 'n uitgebreide analise van 'n prototipiese voorbeeld, WRAPPED UP deur diegospel groep Dawkins & Dawkins. As metafories middelike handeling van kontemporêrreligieusebetekenis, word hierdie voorbeeld van gospel rap ontleed as 'n direkte dogkomplekse manifestering van strukturele dubbelsinnigheid. ARL 993Ideologies gekompromitteerde diskoers: tussen ghetto en woestynAan die hand van Ricoeur se hermeneutiese ompad via die onthullende mag van mite,simbool en narratief, word daar in hierdie artikel gestreef na 'n meer omvattende verstaan vanidentiteit. Laasgenoemde word bemiddel deur die interpretatiewe perspektiewe van ideologiekritieken figuratiewe analise, hier aangewend ter formulering van 'n oorspronklike lesingvan die gospel rap teks. As deel van die ghetto/woestyn tema word prominente argetipiesefigure, verwant aan posture karakteristiek van die menslike bestaan, ondersoek. Via 'nkontekstuele, intermediale lesing van musikale parameters word die narratiewe strekking vandie rap lirieke !lg-!!1terpreteer, en trouens her-figureer. Hierdie benadering beklemtoonmusiek se rol as 'n- sosiale simboliese proses wat betekenis performatief kommunikeer, skep,kritiseer of selfs transformeer. Dit openbaar terselfdertyd musiek se vermoë om te funksioneeras 'n dinamiese middelganger tot die instandhouding of omverwerping van sosio-religieusewêrelde en wêreldbeskouïngs. Hierdie metode stem ooreen met Ricoeur se narratiewehermeneutiek wat gebaseer is op 'n altyd hernieude interpretasie van simboliese gebeurebinne die wêreld van die teks.ARL 994Stad van engele: posturale perspektiewe op 'They all fall down'Vanuit die raamwerk van Johann Visagie se benadering tot ideologiese kultuur word diefiguur van die engel in GRITS se They All Fall Down ontleed as deel van 'n kompleks vaninter-verwante sosio-kulturele diskoerse. In hierdie verband word die funksionering' vanengele bestudeer as 'n nuwe arbeidsproses wat die dra van boodskappe behels, en waarin diebestaan erken word van sowel die donker engele van ideologie as die apokaliptiese engele vandie geskiedenis. Via 'n figuratiewe semiotiek van ideologiese diskoers word die engel verderbestudeer as 'n semiotiese konfigurasie wat ideologiese betekenis deurgee. In hierdie opsigword metaforiese posture, tipies van eksistensiële gebeure wat herhalende patrone van diemenslike kondisie simboliseer, in verband gebring met 'n spektrum van argetipiese figure inhierdie teks. Morbiede beelde, spesifiek aangewend binne die visuele en verbale parametersvan die video, demonstreer dat produkte van die massa-media as kaarte van realiteit magfunksioneer.ARL995Ideologie en tekstualiteit: representasies van 'Nuwe' Suid-AfrikaansemusikologieAan die hand van Ricoeur se konsep van die teks gaan hierdie artikel uit van die hipotese datenige poging om die verhouding tussen musiek en samelewing te bepaal, wesenlik filosofiesin aard is. Soos talle ander kategorieë is die grense van die musikale onderhandelbaar envloeibaar, en dit kan (goedskiks) op verskillende maniere bepaal word. Kultureel verwant enkultureelonderhandel is sodanige spekulatiewe konstrukte egter relatief tot empiriesegegewens wat deur intra-tekstuele parameters voorgestaan word. 'n Kritiese bevraagtekeningvan interpretatiewe standpunte wat 'n polities oorbelaste terrein soos post-apartheid Suid-Afrika ondersoek, belig openlik ideologiese posisies binne die huidige musikologie.As 'n komplekse voorbeeld van 'n spesifiek Suid-Afrikaanse teks-konteks konstruk biedBongo Maffin se inheemse kwaitolied, Kung' a khona (Die Weg) aansienlike uitdagingaan ontleding. Pogings om dit toe te lig roep interpretatiewe kontekste op wat ons metfundamenteel hermeneutiese vrae konfronteer, en terselfdertyd die grense van 'ntransformatiewe identiteitspolitiek deurpeil.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:5      统一登录查看全文      激活码登录查看全文