已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die moontlikheid van 'n konstruksie van verborge gebreke in vorderingsregte in die algemeen en aandele van 'n maatskappy in besonder
[摘要] Afrikaans: Die aanspreeklikheid weens verborge gebreke indie verkoopte saak wat op 'nverkoper by die koopkontrakrus, is 'n beginsel wat al lank in ons reg erken en toegepasword.Dit is trouens ook 'n deel van ons reg wat al byherhaalde geleenthede die aandag van ons howe geniet het,en dus het dit ons howe in staat gestel om 'n stel reëls opte bou wat, volgens De Wet en Yeats, logies, verfynd enprakties bruikbaar is. Daar bestaan geen basieseprobleme by hierdie deel van ons reg nie.Al hierdie gevalle wat al voor ons howe gedien het, hetegter gegaan oor koopkontrakte waar die voorwerp van diekoop 'n liggaamlike saak was wat dan die verborge gebrekbesit het.Nou word dit ook verder in ons reg erken datdaar, naas hierdis soorte, ook nog ander tipe koopkontraktebestaan waar die koopvoorwerp nie noodwendig 'n liggaamlikesaak hoef te wees nie, waar ook uit 'n onliggaamlike voorwerp soos 'n vorderingsreg kan bestaan.Die aanspreeklikheid weens verborge gebreke is'n natuurlike gevolg wat by elke koopkontrak, tensy dit byooreenkoms deur die partye uitgesluit is, intree. Dusis dit net soseer 'n natuurlike gevolg by koopkontraktewaar vorderingsregte verkoop word, as dié waar 'n saakverkoop word.So 'n geval het, sover ek kon vasstel, egter nognooit voor ons howe gedien nie en ook het dit nog nooitenige aandag van ons skrywers geniet nie. Dit wil egternie sê dat so 'n geval nooit in die praktyk kan opduik nie.Neem die volgende voorbeeld. A verkoop 'nvorderingsreg wat hy teen het vir 'n saak, aan C. Noubesit die saak 'n verborge gebrek. Kan C hom nou inhierdie geval ook op die aediliese aksies beroep? 'n Menssou onmiddelik wou toegee dat hy dit behoort te kan doen,waar dan word jy egter gestuit deur die feit dat A slegs 'n vorderingsreg aan C verkoop het en nie die saak self nieen dat dit die saak is wat die gebrek besit.'n Ander verskynsel wat egter daagliks in diepraktyk voorkom is die veelvoudige transaksies waarbyaandele in maatskappye verkoop word. Kan daar ookgepraat word van verborge gebreke in aandele?Sonder meer kan nie gesê word dat daar byhierdie twee tipes koopkontrakte, d.w.s. wat vorderingsregteof aandele as voorwerp het, ook aanspreeklikheidweens verborge gebreke meet bestaan nie. Daarvoorbestaan daar te veel ander probleme, wat nle by diegewone koopkontrakte aanwesig is nie, waarop eersantwoorde gevind sal moet word.In hierdie verhandeling sal ek dan ookpoog om die besondere probleme wat by hierdie koopkontraktebestaan, uiteen te sit en dan antwoordedaarop te probeer vind. Vir dié doel is dit dus virmy nodig om net oorsigtelik die posisie by koopkontraktevan sake weer in oënskou te neem.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:31      统一登录查看全文      激活码登录查看全文