已收录 268918 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Europees-historiese vormtaalelemente in die Nederduits-Gereformeerde kerkargitektuur van die Groot-Karoo
[摘要] Afrikaans: In die ondersoek na die Europees-historiese vormtaalelementein die Nederduits-Gereformeerde kerke van die Groot-Karoo enomgewing is bevind dat dié kerke veral deel het aan dieherlewingstyle wat in die 19e eeu in Europa ontstaan het.Dit was veral die neo-Gotiek, gebaseer op die hoogtepunt vandie Middeleeuse style, en die neo-Klassieke styl wat in dieKarookerke neerslag gevind het. Die voedingsbron van dieSuid-Afrikaanse variasies is hoofsaaklik die Dietse stamlandeen Engeland. Seker die volmaakste voorbeeld van die EngelseGotiek is die Grootkerk van Graaff-Reinet, gebaseer op diekatedraal van Salisbury in Engeland. Die Nederduits-Gereformeerde kerk op Cradock is op sy beurt weer 'n variasie vandie neo-klassieke St. Martin-in-the-Fields op TrafalgarSquare, Londen. In albei dié kerke is die onderskeie stylese vormtaalelemente gevarieer, met in eersgenoemde geval 'nminder suksesvolle toepassing. Die oorvloedige gebruik vansekere Gotiese elemente en detail soos fiale, sterk geprofileerde kroon- en druplyste en beeldhoukunstige dekorasie skepbyvoorbeeld aan die symure 'n bont effek. By Cradock se kerkis die toepassing van neo-Klassisistiese elemente - 'n diepportiek, groot pediment en Toskaanse suile - wat met 'nGotiese toring gekombineer word, baie geslaagd.Wat 'n algemene beskouing van al die Karookerke wat besoek isbetref, was dit opvallend dat dié kerke in hulle situeringook 'n Middeleeuse tendens vertoon.Die kerk is op 'n groot plein geleë, direk langs die hoofstraat (Beaufort-Wes, Prins Albert, Murraysburg en Laingsburg) ,of vorm 'n eiland, sentraal in die dorp (Aberdeen en Hanover). In ander gevalle loop die hoofstraat teen die kerkdood (Merweville en Colesberg). Verskeie graftombes komdikwels binne die kerkterrein voor, wat heenwys na die oud-Europese kerkhof- rond- die - kerk-idee.Sprekend van bykans al die kerke is die hoë torings, reedswat die meeste Europese elemente vertoon, soos steunbere (Nederland), kantele (Engeland) en ander versieringselemente soosfiale, spuwers en hogels wat by die meeste Europees-Gotiesekatedrale aangetref word.Naas die torings is die Gotiese spitsboogvensters dié kerkese grootste bate. Vele Karookerke spog met pragtige getraseerde vensters met byvoorbeeld tipiese Engelse drie- envierpasindelings, soos by Graaff-Reinet en Beaufort-Wes.Ander kerke, byvoorbeeld dié op Steytlerville, Merweville enPrins Albert, het weer goeie voorbeelde van oorsnydendetrasering.Die meeste kerke is volgens die Latynse en Griekse grondplantipes gebou. 'n Voorbeeld van 'n oktogonale plan kom in dieBo-Karoo by Colesberg voor.Oordekking van die kerkruimte geskied deur die algemene hanebalk- en stutbalkstelseIs, wat veral tipies is van houtgewelwein die Engelse Gotiek. Kruisgewelfstelsels in hout, geïnspireer deur onder meer die Engelse Perpendicular Style, waarin die knobbel prominent oor die viering figureer, kom byonder meer Beaufort-Wes en Graaff-Reinet voor. Die meesteander kerke het nie oop dakstoele nie, maar is deur plafonneafgedek.Die tradisionele Europese ruimte-indeling van die interieurin hoofbeuk, sybeuke, transep en koor word nie volledig indie Karookerke gevolg nie. Veral die koorgedeelte of sanetuarium van die Rooms-Katolieke kerk, ontbreek en word blootdeur die konsistorieruimte vervang. In sommige kerke(Murraysburg, Merweville, Aberdeen en Steytlerville) neemgroot dubbele kansels, soms terug in nisse geplaas, ook 'ngroot ruimte direk voor die konsistorie in beslag.Die kansels wissel dikwels in vorm en grootte. Behalwe dietribune-tipe, kom ook 'n goeie voorbeeld van 'n tipieseOos-Engelse kelkvormige kansel op Prins Albert voor. Beaufort-Wes se kerk het op sy beurt 'n pragtige agthoekige kansel op'n hoë voetstuk. Die kansels het gewoonlik ryklik versierdeklankborde waarin een of ander Gotiese motief wat in die interne dekorasie gebruik is, herhaal word.In afwerking en dekorasie sowel aan die interieur as eksterieuris die oorgrote meerderheid van die Karookerke wat besoekis, baie eenvoudig. Die trasering van die vensters, pleister enklipwerk verskaf die nodige dekorasie.Hoewel dié kerke tog, afgesien van gemelde feite, weelderiger as die plattelandse Protestantse kerke van Nederland vertoon,bly hulle in die geheel gesien sober in benadering.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:7      统一登录查看全文      激活码登录查看全文