已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die woord-toon-verhouding in die Dichterliebe- en Frauenliebe und Leben-siklusse van Robert Schumann
[摘要] Afrikaans: Die musiek van Robert Schumann word nog meer selde na waarde geskat as die musiek. van sy Romantiese tydgenote. Hierdie stand van sake is te wyte aan die eensydige siening en beperkte visie van kritici en kommentatore: musiekgeskiedskrywers en kritici is om die een of anderonverkIaarbare rede geneig om hierdie musiek voIgens ontoepasIike sg. Klassieke kriteria te beoordeeI, en die komponis met tydgenote te vergelyk wie se idoom totaal van sy eie uitdrukkingswyse verskil. Dit bring o.a. mee dat hy al te dikwels as liedkomponis ongunstig met bv. Schubert vergelyk word, en as musikale argitek met Mendelssohn, ens. Dit is verbasend, want die liedere van Schumann geld as voorbeelde van die fynsinnigste en uitdrukkingvolste stemmingsliedere wat gedurende die sg. Romantiese periode 'n hoogtepunt bereik het.Die twee siklusse Dichterliebe en Frauenliebe und Leben is in hulle uiteenlopendheid van karakter verteenwoordigend van Schumann se totale skeppingskrag m. b. t. hierdie genre, en lewer 'n klinkklare bewys van sy vermog, om middelmatige poësie in aangrypende kunswerke om te tower. Die kwaliteit of gebrek daaraan so ver dit die teksmateriaal aangaan, isdus nie bepalend vir die kwaliteit van die toonsetting nie. Eerder word die idee-inhoud van die gedigte d.m.v. die fynsinnige toonsetting uitgebou en geraffineer.'n Noukeurige analise laat blyk dat Schumann van eenvoudige, algemene en voor die handliggende musikale uitdrukkingsmiddele gebruik maak. Sy aanwending van melodiek, ritmiek, dinamiek, registerkleur, vorm, harmonieken die verhouding tussen die sangstem en die begeleiding en die rol van lg. in hierdie liedere getuig geensins van enige unieke of misterieuse skeppingstegnieke nie. Nogtans verweef hy gewone deviese tot unieke, diepsinnige musikale kunswerke van die hoogste artistieke gehalte enseggingskrag. Omgekeerd waarborg die aanwending van hierdie gewone deviese soos Schumann dit gebruik, nie noodwendig 'n komposisie van hoë of enige noemenswaardige gehal te nie. Die sg. Goddelike vonk waarna Beethoven verwys het, is sonder twyfel die bepalende faktor t.o.v. die gehalte en trefkrag van 'n komposisie en is nie analiseerbaar nie.'n Vergelyking van die Dichterliebe- en Frauenliebe und Leben- siklusse lei tot die gevolgtrekking dat daar sekere tendense bestaan t.o.v. die aanwending van die verskillende musikale deviese in die toonsetting van die gedigte. Baie eenderse formules word vir eenderse effekte en in verbindingmet eenderse affekte aangewend, wat n aanduiding is van 'n bepaaIde persoonIike musikale benadering. Geen voIgehoue wetmatighede kan egter aangedui word nie, wat nie verbasend is ten opsigte van 'n geesteswetenskap soos musiek nie: onveranderlikhede kom hier nie voor nie, terwyl hulle op die terrein van die natuurwetenskap sou kon verwag word.Hoewel Schumann 'n unieke, persoonlike uitdrukkingsidioom openbaar, is sy werk klaarblyklik gewortel in die noue verbintenis wat daar deur die eeue tussen musiek en retoriek bestaan het. Die wyse waarop sekere oorgelewerde retoriese figure inheren taan sy werk is, Iei tot die oortuiging dat hy instinktief of deur die bevrugtingsproses wat plaasgevind het tydens sy bestudering van die musiek en komposisietegniek van ouer meesters gelei is om hierdie figure aan te wend. J.S. Bach en Beethoven se werke waaraan hy voorkeur gegee het, is sprekende voorbeelde van musiekwaarin die musikale retoriek n belangrike rol speel. In geen opsig skep die Iiedere egter die indruk dat Schumann die figure handwerklik op sy musiek afforseer het nie. Die tradisie waaruit sy werk gegroei het, het ook hierdieerfenis meegebring. Die slotsom waartoe gekom word, is dat die grootheid van Schumann se Iiedere en ook van hierdie twee siklusse geleë is in die volmaakte integrasie van waardevolle musikale materiaaI, onkreukbare styIvolheid, hoë vIak smaakvolheid, sterk musikale individualiteit, sielkundige juistheid enabsoluut bevredigende vorm. Soos die ander grootste komponiste beskik Schumann ook oor die vermoë om sonder woorde selfs meer te sê as waartoe woorde in staat is.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:10      统一登录查看全文      激活码登录查看全文