已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Prinsipieel-didaktiese studie van die onderwysstruktuur van die UOVS, met besondere verwysing na 'n didaktiese ontwerp vir 'n buitemuurse afdeling
[摘要] Afrikaans: Vanweë 'n snel-ontwikkelende wêreld, moet onderwysinstellingsvoortdurend besin oor die vraag of hulle, ten opsigtevan die soorte onderwys wat hulle aanbied, aan diebehoeftes van die tyd voldoen.Buitemuurse onderwys, as een van die soorte onderwys aandie universiteit in die algemeen en die Universiteit vandie Oranje-Vrystaat (UOVS) in die besonder, is in hierdieverhandeling deurskou. ·Die hipotese is gestel, nl. dat,voortvloeiend uit die unieke wese en funksie van die UOVS,buitemuurse onderwys 'n unieke, verantwoorde plek en taakhet. Hierdie besondere plek en taak noodsaak onder meerdie daarstelling van didaktiese riglyne, waarvolgens 'nonderwyssisteem (met sub-sisteme) vir die buitemuurse afdelingvan die UOVS op alle vlakke van universiteitsonderwysverbesonder kan word.Ten einde die gestelde hipotese te bewys, is daar ter aanvangna die verskillende ontwikkelingstydperke in die Westerseuniversiteitswese verwys, terwyl die moderne universiteiten die universiteit in die RSA ook bespreek is. Methierdie historiese agtergrond in gedagte is daar gepoog omdie plek, wese en funksies van die moderne universiteit tetipeer, waarna die kernfunksies van die universiteit, nl.dié van onderwys, navorsing en samelewingsdiens nader beligis.Die onderwyskomponent is voorts in besonderhede beskryf, enwel in terme van die plek en doel van voorgraadse, nagraadse,voortgesette en voortdurende onderwys aan die moderne universiteitin die algemeen en die UOVS in die besonder.As 'n besondere soort onderwys, is buitemuurse onderwys vervolgensvan nader bekyk deur eerstens na voorbeelde in drieWesterse lande te verwys en tweedens deur buitemuurse onderwys aan tien residensiële universiteite in die RSA te omskryf.Enkele onderwysplanne en/of -sisteme, wat moontlikhede virtoepassing in buitemuurse onderwys bied, is ook nader toegelig,terwyl die nuwe na-uurse onderwyssisteem van die RandseAfrikaanse Universiteit (as 'n voorbeeld van 'n besDnderetoepassing in buitemuurse onderwys) in oënskou geneemis.Om die situasie ten opsigte van buitemuurse onderwys aan die.UOVS te ontleed, is van 'n ondersoek gebruik gemaak wat gedurende1979/80 deur die Akademiese Beplanningskomitee vandie UOVS geloods is. Hier is veral gelet op die didaktiesefasette wat ter sprake was (die volledige verslag van dieondersoek is egter ook as bylaes tot die verhandeling toegevoeg).'n Didaktiese ontwerp, waarvolgens 'n onderwyssisteem virvoorgraadse, buitemuurse onderwys aan die UOVS verbesonderkan word, en waarin onder meer van die akademiese beleidvan die UOVS en die Christelik-wysgerige, didaktiese beginselleergebruik gemaak is, het die verhandeling afgesluit.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文