已收录 271055 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Kritiese evaluering van onderwyspraktikumstelsels by residensiële onderwyserskolleges vir blankes in Natal
[摘要] Afrikaans: Hierdie studie handeloor onderwyspraktikum by Natalse residensiële kolleges. In hoofstuk een word 'n literatuurstudie asbasis gebruik om probleme in verband met onderwyspraktikum teidentifiseer en om kategorieë te ontwerp vir die ordening vandoelstellings. Die doel is dan om die situasie in Natal temeet aan die inligting wat uit die literatuurstudie blyk. Verderword 'n aantal begrippe omskryf ten einde semantiese misverstandete voorkom.Hoofstuk twee word gewy aan 'n beskrywing van die praktikumstelselsby die drie onderhawige kolleges, nl. die Natal TrainingCollege, die Durbanse Onderwyskollege en die Edgewood College ofEducation. In elke geval word die geskiedenis kortliks nagegaan,daarna word die huidige opset indringend bespreek en laastensword In blik op die toekoms gewerp.In hoofstuk drie word die stelsel by elke kollege noukeurig ontleedmet behulp van gegewens wat verskaf is deur vierdejaarstudente,praktikumdosente en hoofde van meewerkende skole. Diegegewens is verkry met behulp van vraelyste wat in die Bylaeopgeneem is. Die belangrikste gevolgtrekkings waartoe geraakword, is die volgende:1. Die organisasie van die praktikumstelsels gee aanleidingtot probleme.2. Die belangrikste probleme het te doen met die duur vandie sessies, oorlading van skole, kunsmatigheid van veraldie evalueringsituasie en die antipatie wat tussen skoleen kolleges heers.3. Nieteenstaande hierdie probleme, staan die meeste betrokkenespositief teenoor die stelsel en word deurlopendeonderwyspraktikum aanvaar as die beste metode om praktieseervaring op te doen.In hoofstuk vier word die volgende uitgangspunte by die ontwerpvan In ideale stelsel gestel.1. Onderwyspraktikum vorm In deel van onderwysersopleiding.2. Voorskrifte van die Kriteria ten opsigte van die totaleduur van die praktikum, moet nagekom word.3. Simulasietegnieke het In kernbelangrike rol in onderwysersopleiding.4. Die doelstellings wat geidentifiseer is, is geldig en hulleverwesenliking sal uiteindelik geld as toets vir die doeltreffendheidvan die stelsel.5. Die skool moet in volle vennootskap staan met die kollege.Die ideale stelsel van praktikum wat voorgestaan word, behelsdie Woensdagoggendstelsel vir eerstejaars en deurlopendepraktikumsessies vir seniors. Die rol van die praktikumdosent,die skoolhoof en die onderwyser word omskryf en klem word gelêop die gebruik van simulasietegnieke - ook vir remediëring.Ten besluite word In aantal aanbevelings gedoen ter afrondingvan die ideale stelsel.1. Herbesinning oor doelstellings met die oog op die identifikasievan opleidingsdoelwitte, is wenslik.2. Die gebruik van simulasietegnieke moet uitgebrei en intensiefbestudeer word.3. Evalueringstegnieke moet met die oog op verbetering voortdurendbestudeer word.4. Daar moet voorsiening gemaak word vir remediërende werk opgeorganiseerde skaal.5. Studente wat nie aan die minimum-vereistes ten opsigte vanpraktikum voldoen nie, behoort uitgeskakel te word.6. Skoolhoofde moet opgelei word vir die belangrike rol wathulle moet vervul. In Komitee van skoolhoofde moet dieKollege-senaat adviseer in verband met onderwyspraktikum.7. Onderwysers wat betrokke is by praktikum, moet gekeur enopgelei word vir hulle taak.8. Praktikumdosente moet gekeur en opgelei word. Voorkeurmoet verleen word aan vakspesialiste (vir praktikumleiding- veral vir evaluering) bo algemene praktikumdosente.9. Die totale praktikumtydperk moet eweredig versprei weesoor die totale kursus. Sessies moet aaneenlopend wees envir verskillende jaargroepe versprei word oor die akademiesejaar. Slegs een student moet in elke klas (of byelke onderwyser) geplaas word, maar eerstejaars kan voordeeltrek indien hulle twee-twee geplaas word. Plasingvan In student by In bepaalde onderwyser moet met grootomsigtigheid geskied.10. Skole moet verantwoordelikheid aanvaar vir geprogrammeerdeopleiding in algemene skooladministrasie.11. Gedurende praktikumsessies moet studente volledig inskakelby die skoolprogram - ook ten opsigte van buite-kurrikulêrewerk.12. Dosente moet in noue voeling bly met inspekteurs en vakadviseurs.13. Die hoof en sy personeel het In besondere verantwoordelikheidteenoor In onderwyser in sy eerste diensjaar.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文