已收录 271055 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die stand van liggaamlike opvoeding, sport en rekreasie in KwaZulu: 'n evaluerende ondersoek
[摘要] Afrikaans: In hierdie verhandeling word 'n poging aangewend om 'n evaluerende ondersoekte doen na die stand van liggaamlike opvoeding, sport en rekreasie aan die swart skole in KwaZulu. Sportdeelname op skoolvlak is 'n opvoedkundigeaangeleentheid waar die vrye deelname vir almal van die grootste belang en noodsaaklik is.Hierdie sportdeelname word deur die liggaamsopvoeder gebruik om die biologiese groeiproses deur die beweging in spel te stimuleer, in rekreasie om te herskep en in sport word die nastrewing van liggaamlike prestasies as doel gestel. Hierdeur kan deur liggaamlike opvoeding die doel bereik word om die mens tot 'n ewewigtige geheelwese op te voed.Waar opvoedkundiges vandag baie tyd en aandag aan die opvoeding van die swartman bestee, word daar te min aandag aan sport aangeleenthede op skoolvlak gewy. Hierdie mens, as skepsels van God, het ook deel aan die wye verskeidenheid van aktiwiteite van die liggaamlike opvoeding om tot totaliteit as psigo-fisiese geheel gebring te kan word.Waar die hoofhipotese in hierdie ondersoek uitgaan dat liggaamlike opvoeding ', integrerende deel van die opvoeding moet uitmaak op skoolvlak word daar in Hoofstuk 1 ondersoek ingestel na die doelstellings en strewes van die vak en die probleme wat in die verband by die swart skole in KwaZulu ondervind word.In Hoofstuk 2 word 'n beknopte geskiedenis van die groei en bloei van liggaamlike opvoeding in die blanke skole gegee saam met die instansies wat unieke bydraes gelewer het tot die uitbouing van liggaamlike opvoeding, sport en rekreasie, nie net as skoolvak nie maar ook as sosiale wetenskap.Met Hoofstuk 3 word daar na die liggaamlike opvoedingstruktuur in die swart skole se onderwysstruktuurnader toegelig asook die rol wat die inisiasieprogram in die lewe van sekere swart volke gespeel het. In Hoofstuk 4 word die prosedure van die ondersoek na liggaamlike opvoeding, sport en rekreasie in die swart skole in KwaZulu bespreek. In die slothoofstuk word diegevolgtrekkings en aanbevelings behandel. Die vraelys word ontleed, dieknelpunteword uitgelig en aanbevelings in die verband word gedoen.Die pogings om die knelpunte in die liggaamlike opvoeding, sport en rekreasie by die swart skole in KwaZulu met die ondersoek uit te wys, kan en wil hoegenaamd nie op volledigheid aanspraak maak nie. Moontlike oplossings in die verband word aan die hand gedoen omsodoende die kind in sy totaliteit te ontsluit en hom as 'n nuttige burger vir sy volk, sy land en sy nasie te maak.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:11      统一登录查看全文      激活码登录查看全文