已收录 273173 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Geografiese ondersoek na die uitwerking van enkele ruimelike veranderlikes op die gang van nywerheidsvestiging in Qwaqwa
[摘要] Afrikaans: As aanloop tot die tema is die tydruimtelike evolusie van die Suid-Afrikaanse ekonomiese sisteem in breê trekke geskets. Daar Qwaqwa deelis van die breër Suid-Afrikaanse ekonomiese struktuur is die identifisering en omskrywing daarvan noodsaaklik en word die gebied ooreenkomstig bestaande inligting as 'n afwaartse oorgangsone geklassifiseer.Die mens se organisasie van ekonomiese ruimte vertoon duidelike fokusse van ruimtelike konsentrasie. Die Suid-Afrikaanse ruimtelike patroon is geen uitsondering nie en die voorkoms van 'n aantal kernstreke met hoë intensiteit daaromheen word aangetoon. Die bevolkingsbeleid vanafsonderlike ontwikkeling het die destydse regering verpIig omonverwylde aandag aan die aangeleentheid te skenk en die uitkoms daarvanwas 'n beleid van nywerheidsdesentralisasie. Enersyds was die doelwitvan laasgnoemde beleid die skepping van nywerhede en gepaardgaandewerkgeleenthede in minder ontwikkelde gebiede ten einde die ekonomiese basis van hierdie gebiede te versterk en die instroming van swarters na blanke-gebiede te beperk.Andersyds was die beleid ook gemik op die ewewigtige verbreiding van ekonomiese aktiwiteite oor 'n groter geografiese ruimte.Ten einde die aantrekkingskrag van hierdie gebiede te verhoog worddesentralisasievoordele aan voornemende nyweraars beskikbaar gestel,maar die vraag ontstaan tot watter mate sodanige stimulering, metinagneming van die talle beperkings eie aan 'n buiterandstreek,suksesvol is.In Hoofstuk 2 (afdeling 2.7) word dit as hipotese gestel dat dievestiging en ontwikkeling van nywerhede in Qwaqwa benadeel word deur 'nkombinasie van enkele ongunstige vestigingsfaktore, waaronder:1. gebrekkige infrastruktuur.2. beperkte natuurlike hulpbronne.3. ontoereikende lokale mark.4. relatiewe geïsoleerdheid ten opsigte van metropolitaanse gebiede.Daarteenoor word dit ook gestel dat die volgende faktore 'n beduidenderol in die vestiging en groei van nywerhede in Qwaqwa vervul, naamlik:1. sentrale ligging, veral met betrekking tot die PWV-gebied asook Durban en omgewing.2. desentralisasievoordele en owerheidsbesluitneming.3. die beskikbaarheid van arbeid en 'n stabiele arbeidsmag.In Hoofstuk 3 en 4 word ondersoek ingestel na die voordele en nadeleverbonde aan 'n nywerheidspIasing in Qwaqwa en in Hoofstuk 5 word dieresultate van die ondersoek saamgevat en word die volgende negatiewevestigingsfaktore geïdentifiseer:Negatiewe vestigingsfaktore- enkele aspekte betreffende infrastruktuur- gebrek aan grondstowwe- relatiewe geïsoleerdheid- hoë vervoerkostes- ontoereikende behuising- tekort aan opgeleide ambagsmanne en tegnici- gebrekkige hulpdiensteIn dieselfde hoofstuk (5) word bovermelde negatiewe vestigingsfaktoremet die gestelde hipoteseformulerings vergelyk en as volg geverifieer:1. Enkele aspekte betreffende infrastruktuur blyk beslis 'n negatieweuitwerking te hê op die vestiging en ontwikkeling van nywerhede inQwaqwa en wel om die volgende redes:1.1 die gebrek aan 'n direkte spoorverbinding met Phuthaditjhabaword deur 69,1 % van die nyweraars as 'n belangriketekortkoming uitgesonder (tabel 3.14).1.2 38,2 % van die nyweraars is van mening dat vervoergeriewe byfabrieksperseie ontoereikend is (tabel 3.15).1.3 tekortkominge met betrekking tot sekuriteit, brandweerdienste,kantoorfasiliteite, eetplekke, klankdigtheid en die verhittingvan fabrieksgeboue (tabelle 3.15 en 3.16).1.4 'n gebrek aan die tydige beskikbaarheid van geskikte fabrieksgeboueword deur 49,1 % van die nyweraars aangemeld (afdeling3.2.2.2).2. Die gebrek aan grondstowwe benadeel die vestiging en ontwikkelingvan nywerhede en ondersteun die gestelde hipotese.2.1 volgens aankoopwaarde voorsien Qwaqwa en die omliggende Oos-Vrystaat in slegs 9,3 % van die totale grondstofbehoeftes vannywerhede (tabel 3.19).3. Relatiewe lang afstande en hoê vervoerkostes ondersteun die hipotese ten opsigte van relatiewe geïsoleerdheid met betrekking totmetropolitaanse gebiede.3.1 alhoewel Qwaqwa sentraal geleë is tussen Durban en die PWV-gebied, bestempel 72,7 % van die nyweraars hul teenswoordigenywerheidsligging as redelik tot aansienlik geïsoleerd (tabel3.28) .3.2 as gevolg van bovermelde word hoë vervoerkoste as diebelangrikste negatiewe bedryfsaspek uitgesonder (tabelle 3.30,3. 36 en 3. 40)4. Ontoereikende behuising is nie as 'n hipotese gestel nie, maar istydens die ondersoek as 'n negatiewe vestigingsfaktor geïdentifiseer.Die tekort aan behuising is veral van toepassing op Indiër sakemanne en word as 'n ernstige knelpunt beleef (afdeling 3.2.1.2).5. Alhoewel dit nie as 'n hipotese gestel is nie, word 'n tekort aanopgeleide ambagsmanne en tegnici asook gebrekkige hulpdienste asnegatiewe vestigingsfatore geïdentifiseer.5.1 52,7 % van die nyweraars ondervind ernstige tekorte aanpersoneel in die tegniese beroepskategorieë (tabel 3.6).5.2 in terme van geldwaarde is 75,3 % van alle hulpdienste vangebiede buite Qwaqwa afkomstig (tabel 3.32).Benewens die vermelde negatiewe vestigingsfaktore word ook die volgendepositiewe vestigingsfaktore in Hoofstuk 5 geïdentifiseer:Positiewe vestigingsfaktore- sentrale ligging- belowende plaaslike mark- aspekte betreffende arbeidsaangeleenthede- desentralisasievoordeleBostaande positief gerdentifiseerde vestigingsfaktore word met diegestelde hipoteses vergelyk en as volg geverifieer:1. Die sentrale ligging van Qwaqwa met betrekking tot die PWV- enDurban-omgewing ondersteun die gestelde hipotese en vervulbeduidende rol in die vestiging en ontwikkeling van nywerhede.1.1 ten spyte van relatiewe gersoleerdheid (tabel 3.28) het 60 %van die nyweraars laat blyk dat hulle tevrede is met hulnywerheidsplasing en het die sentrale ligging van Qwaqwa metbetrekking tot die res van Suid-Afrika as die vernaamste redeaangevoer (tabel 3.25).1.2 sentrale ligging word as die vernaamste rede aangevoer waaromQwaqwa bo ander nywerheidsontwikkelingspunte verkies word29,1 % van die totale telling (tabel 3.38).2. Die identifisering van 'n belowende plaaslike mark weerlê diegestelde hipotese en lewer 'n positiewe bydra tot die vestiging enontwikkeling van nywerhede in Qwaqwa (tabelle 2.4, 3.26 en 3.37.3. Die beskikbaarheid van arbeid en die teenwoordigheid van 'nstabiele arbeidsmag bevestig die gestelde hipotese. Die volgendeaspekte het die plasingskeuse van nyweraars ten opsigte vanvestiging in Qwaqwa gunstig bernvloed:3.1 die aanwesigheid van 'n groot arbeidsbron (tabel 3.10).3.2 positiewe arbeidsgesindhede (tabel 3.40).4. Soos in die hipotese gestel lewer die beskikbaarheid van desentralisasie voordele 'n beduidende bydra tot nywerheidsvestiging in Qwaqwa. Die sterk trekkrag van desentralisasievoordele word duidelik weerspieël in tabelle 3.10, 3.38, 3.39 en3.42. Subsidies op lone (tabel 3.33) word as die belangrikstedesentralisasievoordeel geëdentifiseer.4.1 60 % van die nyweraars wat hervestig het, het gunstigedesentralisasie voordele as die vernaamste rede vir vestigingin Qwaqwa uitgesonder (tabel 3.42).Teen hierdie agtergrond en die aanbevelings vervat in Hoofstuk 5 word 'nontwikkelingstrategie vir Qwaqwa daargestel. Laasgenoemde strategieword geformuleer met as agtergrond die gegewe realiteit van nywerheidsontwikkelingspunte asook die inherente beperkings daaraan verbonde enbehels die volgende:
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:12      统一登录查看全文      激活码登录查看全文