已收录 273705 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die lewensbeskoulike siening van 'n groep finalejaar-onderwysstudente ten opsigte van voorhuwelikse liefdesverhoudinge
[摘要] Afrikaans: Soos die titel aandui, handel hierdie verhandeling oor die lewensbeskoulike siening van 'n groep finalejaar-onderwysstudente tenopsigte van voorhuwelikse liefdesverhoudinge.Voorhuwelikse geslagsverkeer is 'n universele verskynsel wat reedssedert die vroegste tye bestaan. Verskeie wette wat 'n verbodplaas op voorhuwelikse geslagsverkeer en ander vorme van onsedelikheid word eksplisiet in die Ou en Nuwe Testament aangetref, bv.Lev. 18:1-30, Deut. 22:13-29, Matt. 5:27-32 en 1 Kor. 7:2.Die monogame huwelik is 'n skeppingsordinansie van God wat deurHom geheilig is en daarom mag die mens nie onkuis buite of binne die huwelik lewe nie. Verder is die huwelik ook 'n weerspieëling van die verbond tussen God en die mens (Jes. 54: 5;Jer. 2: 1-4) waarin daar nie plek is vir 'n derde persoon nie.(Eseg.23:38)Geslagsverkeer vóór of buite die huwelik word eksplisiet deur dieHeilige Skrif as hoerery bestempel soos dit duidelik blyk uitDeut. 22: 13-21. Hoerery bly nie ongestraf nie, soos afgelei kanword uit die Bybelse gegewens met betrekking tot die sedeloseoptrede van bv. Lot en sy dogters, Dawid en Batseba asook Amnonen Tamar.Daar is op gewys dat die huwelik as hoeksteen die liefde tussenman en vrou het en dat 'n huwelik nie kan slaag as die liefde nieteenwoordig is nie. Enersyds blyk dit ook dat hoewel dit in diehuwelik nie net gaan om die seksuele nie, die rol van die fisiekeliefde nie geringgeskat kan word nie - dat dit 'n gawe van God iswat slegs binne die huwelik beoefen mag word.Selfbeheersing en kuisheid voor die huwelik, ook tydens die verlowing, is 'n Goddelike opdrag wat nie verontagsaam mag word nie.Die korrekte keuse van 'n huweliksmaat is essensieel vir die suksesvan 'n huwelik.Te midde van 'n progressiewe losbandige wêreld- en lewensbeskouingword dit al hoe moeiliker vir die mens om 'n kuis en rein lewe telei. Die humanistiese gees van vrye liefde en seksuele losbandigheid begin toenemend veld wen. Verskeie faktore is hiervoor verantwoordelik waaronder toenemende godsdienstige afvalligheid, afbreking van gesagsinstellings en 'n valse lewens-wêreldbeskouing die belangrikste is.Die seksuele word tot die uiterste grense - selfs die perverse -geëksploiteer. Gewaagde kleredrag, reklame, televisieprogramme,rolprente, verhale en sekere popmusiek dien daartoe om die vryeseksuele verkeer te propageer. Die jongmens word in so 'n matehiermee gekonfronteer dat dit by hom die gedagte laat posvat datdit normaal en byderwets is om vryelik seksuele gunste uit tedeel en te ontvang.Hiermee hang saam die negatiewe voorbeeld wat deur baie volwassenes in dié opsig gestel word. Die huwelik word geringgeskat. soosblyk uit die hoë egskeidingsyfer en die toenemende saamwonery vanongetroudes (agamie).Die huweliksverhouding van baie jongmense se ouers wek ook byhulle 'n negatiewe ingesteldheid teenoor die huwelik.In samehang hiermee is voorbehoedmiddels vryelik beskikbaar enspeel die vrees vir swangerskap nie meer so 'n groot rol by diebesluit tot geslagsgemeenskap voor die huwelik al dan nie.Te min aandag work ook deur die ouers, die skool en die kerk gegee aan die brandende vraagstuk rondom die problematiek vanvoorhuwelikse liefdesverhoudinge.Dit is dus nie verrassend dat 'n sekere persentasie jongmense meendat die Bybel nie vrye seksuele verkeer summier veroordeel nie,soos blyk uit die ondersoek wat in dié verband gedoen is.'n Groot persentasie jongmense openbaar egter dat die Woord vandie Here nog dien as rigsnoer en norm vir hulle lewens, ook tenopsigte van hulle verhouding met die teenoorgestelde geslag.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:8      统一登录查看全文      激活码登录查看全文