已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die verhouding van die Israel-spreuk tot die ander volkerespreuke in die boek Amos 1 en 2
[摘要] Afrikaans: 1. Inleiding: In hierdie studie word die terrein van teksuitleg betree. 'n Verkenning van die veld toon aan dat daar 'n groot mate van verwarring bestaan en dat n eksperimentele tyd beleef word.Die doel van die studie is primêr om te bepaal wat die verhouding istussen die Israel-spreuk (Am 2:6-16) en die sewe ander volkerespreuke(Am 1:3-2:5). Daaruit voortvloeiend word gepoog om die parameters tevind waarbinne die proses van interpretasie van hierdie perikoop asgeheel behoort te verloop. 'n Newedoelwit is verder om die metode watin hierdie studie aangewend word, te evalueer.Die metode wat aangewend word, kan as 'n komprehensiewe benaderingswyse beskou word.2. Perikoopafbakening: Na 'n bespreking van die noodsaaklikheid van en maatstawwe vir perikoopafbakening word bepaal dat Am 1:3-2:16 geïdentifiseer kan wordas 'n selfstandige perikoop, wat geskik behoort te wees vir gebruikas tekseenheid in hierdie studie.3. Tekskritiek: Nadat n oorsig gegee is van verskeie variante lesings in manuskripte,sowel as voorstelle tot tekswysiging, word enkele probleemgedeeltes inmeer besonderhede bespreek. Hierdie gedeeltes kom voor in 1:8,9,11;2:2,7,15. n Enkele tekswysiging by 2:7 word aanbeveel.4. Sinchroniese analise: Daar word aangetoon dat analises van hierdie aard nie eenvormig aangepak word nie. Ook die kriteria vir struktuurbepaling verskil. Indie eie analise word uitwendige ornamentele aspekte, grammatikaal-sintaktiese aspekte en inhoudsaspekte gebruik vir struktuurbepaling.Daar word aangetoon dat die Israel-spreuk (2:6-16) opmerklike ooreenkomste met sowel as opvallende verskille van die vorafgaande volkerespreuke toon. Die verskille is geleë in die unieke struktuurelementverswaring van skuld (2:9-12), sowel as uitbreidings op beide diespesifieke oortredinge (2:6{c)-8) en die spesifieke strafaankondiging(2:13-16{a). Die afleiding is dat die Israel-spreuk van besonderebelang sal wees vir die interpretasie van die perikoop as geheel.5. Gattungskritiek: Na 'n historiese oorsig oor die Gattung-studie van die profetiese literatuur, sowel as die bespreking van die vraag wat n Gattung is, en watter riglyne geld vir Gattung-studie, word Am 1:3-2:16 onder die vergrootglas geplaas. Die begrippe Jahwerede, Scheltwort, Drohwort en Gerichtswort word oorweeg. Laasgenoemde blyk die mees geskikte benaming te weesvir die Gattung ter sprake. Hierdie Gattung word funktionsatypischaangewend. Die Sitz in der Literatur is die verkondiging van 'n profeetaan sy eie volk wat ongehoorsaam geword het.6. Tradisiekritiek: Na die bepaling van riglyne vir en metode van tradisiekritiese ondersoek word aangedui dat die identifiseerbare tradisies juis in die Israelspreuk(2:6-16) die mees eksplisiete vergestalting vind. Verder het aldie tradisies 'n kritiese funksie wat nie die tipiese aanwending van hierdie tradisies is nie.7. Redaksiekritiek: Die waarde en metode van redaksiekritiek word ondersoek. Die boek Amos bevat waarskynlik ses redaksionele strata, word bevind. Die perikoopAm 1:3-2:16 bevat moontlik vier gedeeltes wat sekondêr van oorsprongkan wees, naamlik 1:9-10, 1:11-12, 2:4-5, 2:10-12. Hierdie gedeeltesword toegeskryf aan 'n Deuteronomistiese redaktor. Die redaksionelebewerkinge is hoofsaaklik aktualiserend en konkretiserend en teologiesverklarendvan aard.8. Gevolgtrekkinge: Al die voorafgaande metodefasette se resultate sluit saam tot dieafleiding dat die outeur(s) van die volkerespreuke in Amos 1 en 2op 'n behendige wyse daarin geslaag het om spesifiek die Israel-spreuk(2:6-16) in die kollig te plaas. Vernuftige verrassingstegniek isaangewend. Die Israel-spreuk blyk dus van groot belang te wees virdie verstaan van die perikoop as geheel.Verdere gevolgtrekkinge is die volgende: Die resultate van teksuitleg is byna altyd voorlopig van aard; teksuitleg is n gekompliseerde saak; n komprehensiewe of komplementêre metode blyk sekere voordele in te hou.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文