已收录 273170 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die rol van kreatiwiteit en eksperimentele klastegnieke in die musikale ontwikkeling van die hedendaagse skoolkind
[摘要] Afrikaans: Die inhoud van hierdie verhandeling gee 'n algemene oorsig oor die historiese agtergrond en totstandkoming van eksperimentele musiek soos deur baanbrekers o.a. Kodaly, Grff, Schafer, Paynter, Brian, Dennis en andere begin en ontgin is.Die waarde van kreatiewe eksperimentele musiek op etiese en sosiale vlak vir die kind, vanaf voorskoolse vlak tot aan die einde van sy skoolloopbaan, en die rol van die opvoedkundige word deeglik ondersoek en bespreek.Verder word 'n oorsig en uiteensetting van die totstandkoming van die nuweverantwoorde en toepaslike notasiesisteem bespreek - soos van toepassing in die klasmusieksituasie. Die daarstelling en opstelling van partiture,grafieke, getalle, sketse en dirigeermetodes word bespreek.Vokale improvisasies, ontwikkeling van konsepte en die skep van melodieë,klank improvisasies t.o.v. vokale klanke en woordimprovisasies, word bespreek en uiteengesit.Ten opsigte van instrumentale improvisasies word tegniese vaardighede watontwikkel word, vervaardiging van instrumente, wenke vir die stimulering vaninstrumentale improvisasie en.die gebruik van notasie en partiture bespreek.Ten opsigte van kreatiewe bewegingsleer word 'n kort samevatting van diebasiese beweging, faktore wat bewegings beheer en idees vir kreatiewe beweging deur waarneming, konsepte, woorde, gedigte, kuns, ens. bespreek. So - ook word speletjies om kreatiwiteit te stimuleer wat o.a. instrumentale gesprekke, materiaalsimfonie, middernag in 'n speelgoedwinkel, klankprente, ens. ingesluit.Ten slotte word projekte en kreatiewe beluistering oor die godsdiens, geskiedenis, aardrykskunde, omgewingsfaktore, die wetenskap, kunste, etniese groepe en kontemporêre tegnieke bespreek.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文