'n Ondersoek van sekere antigeniese eienskappe van bloutongvirus
[摘要] Die biologiese stabiliteit van die virus wat gedefinieer is as sy vermoë om syinfektiwiteit te behou is onder verskillende toestande bepaal. Die virus is aan 'nbepaalde toestand onderwerp en dan is na verskillende tussenposes bepaal hoeveelinfektiwiteit behoue gebly het. Die bepalings verskil van vorige werk veral in dietegniek wat gebruik is en deur die gebruik van onsuiwer virus. Dit is gevind dat dievirus stabielste in 'n pH gebied van 8-10 is. Die grense vir stabiliteit by verskillendetemperature is redelik wyd, nl. van 4C tot 32C. By 37C is die virus egter relatiefonstabiel. Molariteite van 2 mM tot 150 mM beinvloed nie die infektiwiteit van dievirus nie, maar by 200 mM tot 1 000 mM word laer titers gemeet, wat dui op moontlikeaggregasie.Die stabiliteit van die virus is belangrik wanneer die invloed van verskillendekontakkondisies op die neutralisasie reaksie ondersoek word. Dit is vervolgens gedoen.Meer neutralisasie vind plaas by pH 7,0 as by pH 8 - pH 10. Alhoewel die verskilklein is, bevorder 'n soutkonsentrasie van 150 mM neutralisasie in vergelyking met10 mM, 50 mM en 100 mM. 'n Vergelyking van die hoeveelheid neutralisasiewat plaasvind by 4C en 28C toon dat temperatuur geen invloed het op die hoeveelheidneutralisasie nie. Neutralisasie het ook ewe vinnig by albei temperature plaasgevind.Deur verskillende kontakkondisies te vergelyk is gepoog om die neutralisasie toets meersensitief te maak. Die neutralisasie toets is belangrik aangesien dit baie algemeen in studies oordie immuunreaksie gebruik word. In hierdie studie oor die immuunreaksie is dit ookmeesal gebruik.Verskillende aspekte van die immuunreaksie is ondersoek. Eerstensis gekyk in watter mate die manier van toediening van antigeen die immuunreaksiewat daarop volg beïnvloed. Dit is gevind dat die roete van toediening die groottevan die reaksie wat daarop volg beïnvloed. 'n Binne-aarse inspuiting het 'n hoër reaksieuitgelok as 'n onderhuidse inspuiting. Die suiwerheid van die virus skyn nie belangrikte wees ten opsigte van die hoogte van die reaksie wat uitgelok word nie en ook niedie titer van die inokulum nie. Dit is verder gevind dat daar min verskil is tussen die reaksie van individuele konyne in hul reaksie teenoor btv. Dit het geblyk dat hul reaksie van dieselfde grootte orde is. Ondersoek is ook ingestel na die rolle van IgM en IgG in die immuunreaksieteen BTV. Dit is gevind dat ten opsigte van neutralisasie IgM vroeg in die reaksie diebelangrikste rol speel, maar later IgG. Ten einde teenliggaamaktiwiteit te kan bepaal, anders as deur die virusneutralisasietoets, is 'n tegniek van immuunelektronmikroskopie ontwikkel. Dit is suksesvolop die BTV-teenliggaam sisteem toegepas en daar is gevind dat die reaksie serotipespesifiek is. Daarna is gepoog om die tegniek te gebruik om teenliggame vroeg na BTVtoediening aan te dui, aangesien die neutralisasie toets nie kon nie. Geen teenliggaamaktiwiteit. kon egter aangedui word op hierdie wyse nie.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]