'n Kritiese behandeling van enkele probleme uit die handelsmerkereg
[摘要] Afrikaans: Voordat oorgegaan word tot die behandeling van'n paar aktuele vraagstukke in die handelsmerkereg, moetvireers op die betekenis van die handelsmerk as sulks geletword.Die handelsmerk ontwikkel aanvanklik uit die s.g.signa mercatorum wat deur eienaars op hulle ware aangebringis, sodat dit geidentifiseer kon word indien ditverlore geraak het.In die tyd van die gildes daarenteen, was elkelid deur sy betrokke gilde verplig om sy produksiemerkop sy goed aan te bring, sodat vasgestel kon word wieprodukte van minderwaardige kwaliteit lewer.Wat aanvanklik 'n las was, word later on bate,want indien 'n produsent on produk van goeie kwaliteitlewer wat aan die verbruiker volle tevredenheid verskaf,verseker die merk, as onderskeidingsteken, dat sy produkin aanvraag bly.Hedendaags, weens die ontwikkeling van reklametot 'n fyn tegniek waardeur produsente hulle ware onderdie aandag van die publiek kan bring, speel die handelsmerknog 'n groter rol. Deur gebruik te maak van die pers,die radio en ander advertensiemiddele kan 'n ondernemeron aansienlike werfkrag met betrekking tot sy ware of syonderneming opbou.Nou baat dit hom egter niks dat hy groot bedraegeld spandeer om sy merk bekend te laat word indien 'nander on identiese of soortgelyke merk op dieselfde goedere kan gebruik nie. Om hom teen hierdie mededingingshandelinge te beskerm, word aan die handelsmerk eienaartwee regsmiddels verleen. n.l. 'n aksie weens aanklamping en indien sy merk geregistreer is, 'n inbreukaksie.Soos bekend, word die handelsmerkereg tans beheer deur Wet 62 van 1963 wat Wet 9 van 1916 soos gewysig, vervang.Alhoewel die nuwe wet baie in gemeen het met dieherroepe wet, vertoon dit daarenteen groot verskille,sommige waarvan in die loop van die verhandeling behandel sal word. So byvoorbeeld word inbreuk, die hoeksteen van die hele wet, nie slegs beperk tot handelingewaardeur 'n identiese of verwarringskeppende merke opdieselfde goed gebruik word nie, maar word in Art. 44(1)(b) daarvoor voorsiening gemaak dat enige skadestigtendehandeling met betrekking tot handelsmerke, onder die wetbereg kan word. Gevolglik sal ndersoek moet word ofdaar 'n verskil, indien enige, tussen aanklamping eninbreuk bestaan. Ook sal aandag aan die deel B register,'n innovasie uit die Engelse reg, gegee word, veralmet betrekking tot die betekenis van die proviso tot Artikel44(1)(a). Benewens die genoemde vrae sal aandaggeskenk word aan vrae soos die objek van die reg op 'nhandelsmerk en die bevoegdheid van 'n bepaalde hof omsake rakende handelsmerk aangeleenthede te bereg.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]