Die voorkoms van giste tydens hoenderproduksie
[摘要] Afrikaans: Die verhoging in die plasing van die aantal hoenders per oppervlakte verhoudingin moderne pluimvee boerdery praktyke, skep In klimaat waar mikrobiese groei(insluitend patogeniese mikroorganismes) gestimuleer word. Die stimulering vanmikroorganismes word veralopgemerk in respiratories geassosieerde vrektes ingroeihokke. Op grond van die verhoging in vrektes van jong kuikens is daargekyk na die mikrobiese populasies teenwoordig in die tracheas van groeihokkuikens met spesiale karakterisering van die gis populasies teenwoordig.Die data het aangetoon dat die tracheas van jong braaikuikens hoofsaaklikbesmet word deur die teenwoordigheid van gis species. Ten spyte van laepopulasies in die eerste weke na uitbroeiing, ontwikkel die gispopulasies vinnigtot essensieel 'n klimaks populasie tydens die vierde week in die groeihokke. Diekarakterisering van die gispopulasies het daarop gedui dat die belangrikstespecies blyk as volg te wees: Debaryomyces hansenii, Candida b/ankii,Toru/aspora de/brueckii en Trichosporon beige/ii.Omdat giste ook 'n belangrike bydrae maak tot die bederf van hoenderkarkasse,en deel uitmaak van die normale mikrobiologiese populasie teenwoordig op dieeetbare hoenderkarkasse en hoenderstukke, is die voorkoms van hierdie floraverder deur die prosesseringsaanleg gevolg. Alhoewel giste proporsioneel inkleiner getalle voorkom as bakterieë, kan die giste as sekondêre populasieontwikkel wanneer die bakteriese populasie geinhibeer word soos gevind nadatdie karkasse onderdompel is in chloorbevattende immersie-wentelverkoelingsbaddens tydens prosessering. Cryptococcus en Candida species domineer voorverkoeling van die karkasse tydens ontvering en ontweiding terwylDebaryomyces species oorheers na verkoeling en tydens bevriessing. Die datadui verder daarop dat die implementasie van chloor as ontsmettingsmiddeltydens verkoeling geen invloed gehad het op die voorkoms van die gisspeciesnie. Die bronne van giskontaminasie in die onmiddelike omgewing van dieslag pale het dieselfde tipes van giste opgelewer as gevind op die karkasse.Weens die abnormale hoë getalle giste gevind op die karkasse, en die beperkteinvloed van die ontsmettingsmiddels tydens verkoeling op die getalle van giste isverskillende bruikbare ontsmettingsmiddels in die immersie-wentelverkoelingsbad ondersoek. Goeie inhiberende en dodings resultate is verkry met behulp vanmeeste van die produkte. Slegs chloor dioksied het egter In genoegsamedodingseffek gehad op Salmonella species en In betekenisvolle inhibering vangisgetalle.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]