已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die rubrieke Advent en Kersfees in die 1978-uitgawe van die Evangeliese Gesange van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika; 'n historiese oorsig en evaluering
[摘要] Die verskyning van die 1978-uitgawe van die Evangeliese Gesangeis 'n gebeurtenis waarna met groot verwagting uitgesien is deuralmal vir wie die kerklied erns is. In die Evangeliese Gesangevan 1944 was daar gebreke en tekortkominge wat die daarstellingvan 'n nuwe gesangboek noodsaaklik gemaak het.Een van die groot leemtes was 'n gebrek aan voldoende liedere virdie feesgeleenthede in die loop van die kerklike jaar, eilbyname Kersfees. Deur middel van hersiening en uitbreiding isgetrag om hierdie foute reg te stel. Besondere aandag is geskenkaan die rubriek, Geboorte van Jesus, wat uit 9 liedere bestaanhet. In die Evangeliese Gesange 1978 is dit uitgebrei na 32,terwyl 'n rubriek, Advent, met 11 liedere bygevoeg is.Liedere wat;met die geboorte van Christus in verband staan, verskynreeds in die Bybel, naamlik die Lofsange van Maria, Simeonen Sagaria. Sedert die ontstaan van die Christelike kerk worddie Kerslied nog altyd in een of ander vorm aangetref. DieKerslied. is ook ten sterkste beinvloed deur gebeure in die Kerk,bv. die Hervorming. 'n Groot aantal geestelike volksliedere watbuite die kerk ontstaan hét, het die.Kersgeskiedenis as onderwerp,In Suid-Afrika het 'n tradisie i.v.m. die viering van Kersfeesbaie langsaam onder die Afrikaners ontwikkel. Die eie volksliederskathet geen Kersliedere opgelewer nie, en die geringeaantal wat uit die hand van Suid-Afrikaanse komponiste ontstaanhet, was weens tegniese ingewikkeldheid nie geskik vir algemenegebruik nie.Na aanleiding van die opdrag aan die Interkerklike Hersieningskommissieis die melodieë wat uit die Evangeliese Gesange van1944 oorgeneem is, hersien, terwyl die 'vat nuut bygekom het in'n hoë mate in die oorsproruclike melodiese en ritmiese vorm verskyn.Die liedere wat in die rubrieke Advent en Kersfees opgeneem is,gee 'n verteenwoordigendebeeld van die Kerslied in al sy verskyningsvorme.Daar is naamlik Bybelse lofsange, Himnes uitdie vroeë Christelike kerk, voorreformatoriese volksliederewaaronder suiwer Latynse liedere, 'Leisen, mengvorme, Marienliederen Carols. Voorts is daar ook Duitse korale, volksliedere uitdie agtiende en negentiende eeue, melodieë uit die GeneefsePsalter, Engelse Hymns, liedere uit die gesangboeke van dieHervormde Kerk van Nederland en die na-Reformatoriese Katoliekekerk, asook 'n paar melodieë van hedendaagse Duitse en Suid- -Afrikaanse komponiste.Navorsing i.v.m. hierdie liedere is bemoeilik omdat so baie indie volksmond ontstaan het, en daar geen bewys is t.o.v. komponis,digter, en in baie gevalle selfs die land van oorsprong nie.Selfs wat die korale en Psalmmelodieë betref, is die outeurskapvan die komponiste omstrede. Die liedere het ook in die loopvan die tyd talle wysiginge ondergaan.Die Gesange in hierdie rubrieke is nie onbesproke nie, nogtanswil dit voorkom asof die opdrag vir hersiening en uitbreidingin 'n hoë mate deur die Interkerklike Hersieningskommissie nagekomis. Die groot bate lê daarin dat daar nou vir die kerke watvir die opstel van hierdie bundel verantvioordelik was, voldoendeliedere vir Advent en Kersfees is, liedere wat verteenwoordigendis van die beste wat in hierdie besondere genre gelewer is, enwat die ware doel van Kersfees, naamlik Christus wat terwillevan sondaars Nens geword het, weergee.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:11      统一登录查看全文      激活码登录查看全文