已收录 273173 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Verpleegkundige begeleidingsprogram vir persone wat infektering met die menslike immuniteitsgebrekvirus vermoed
[摘要] Afrikaans: VIGS is 'n wesenlike probleem in Suid-Afrika. Indien die verspreiding van dieMenslike Immuniteitsgebrekvirus (HIV) nie gestop word nie, kan die siekteepidemiese afmetings aanneem. Diegene wat hoë risiko seksgedrag beoefen moetgelei word om dit te staak.VIGS is 'n gevreesde siekte omdat HIV infeksie 'n chroniese infeksie is engekenmerk word deur die progressiewe agteruitgang van die menslikeimmuunsisteem. Daar bestaan geen geneesmiddel teen die siekte nie en die verloopdaarvan eindig altyd in die dood.Persone wat hoë risiko seksueelgedrag openbaar, vermoed dikwels dat hullemoontlik met HIV geïnfekteer kan wees. Met aanmelding vir evaluering terbevestiging van hul vermoedens, benodig hulle reeds verpleegkundige tussentredes. 'Die tussentredes behoort daarop gerig, te wees om hulle in staat te siel om hulkommer te hanteer. Indien die persone egter nie ook gelei word om hul gedrag teverander nie, kan hulle weer met die virus in aanraking kom of dit selfs versprei.Omdat verpleegkundiges dikwels die ondersteuning van hierdie persone hanteer,kan aanvaar word dat 'n verpleegkundige begeleidingsprogram wat deur empiriesenavorsing ontwikkel is, 'n positiewe bydrae tot optimale ondersteuning kan maak,aangesien daar geen gepubliseerde Suid-Afrikaanse verpleegkundige begeleidingsprogramin die literatuur gevind kon word nie. Dit is dus die doel van die studie om'n begeleidingsprogram vir persone wat HIV infektering vermoed, te ontwikkel wathulle in staat stelom:- feitelike kennis oor VIGS te bekom,- die psigologiese gevolge van HIV infektering te begryp, en- die nodige gedragsverandering te begryp en te bemeester.'n Beskrywende studie met 'n nie-eksperimentele navorsingsontwerp is gebruik. Na'n omvattende, intensiewe literatuurstudie is 'n voorlopige begeleidingsprogram virpersone wat hoë risikogedrag openbaar, saamgestel. Daarna is dit aan domeinkundiges,wat oor spesiale kennis op die gebied van VIGS beskik, vir evaluering volgensdie Delphi-tegniek voorgelê. Beskrywende statistieke is gebruik in die ontleding vandie data wat verkry is.Uit die bevindinge is dit duidelik dat die domeinkundiges met die afdelings sowel asitems van die voorlopige program saamstem. Die finale program is na 'nherorganisasie van die items ten einde 'n logiese geheel te verkry, saamgestel.Vir die volgende afdelings en inhoud is voorsiening gemaak:- Inligting oor VIGS-- Oorsprong-- Patogenese-- Epidemiologie-- Spektrum-- Kliniese tekens en simptome-- Oordraging van HIV-- Hoë risikogedrag- Psigososiale reaksies van persone wat mv infektering vermoed- Verpleegsorg-- Ondersteuning-- Motivering tot gedragsveranderingDie verpleegkundige wat die program gebruik moet deurentyd bewus wees van diekliënt se uniekheid en slegs toepaslike gedeeltes gebruik. Die program is dus ashulpmiddel vir die verpleegkundige ontwikkel en nie as 'n inligtingstuk vir personewat HIV infektering vermoed nie.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:16      统一登录查看全文      激活码登录查看全文