已收录 273611 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Kruiskulturele ondersoek van die kognitiewe prosesse ná 'n sportbesering
[摘要] Hierdie navorsmg het ten doel gehad om kennis aangaande kulturaliteit in diesportsielkunde uit te brei en kognisies tydens rehabilitasie van 'n sportbesering teondersoek. Sportpersone se kognitiewe ervaringe blyk onderling te verskil.Toetslinge van verskillende ouderdomme, geslagte, kultuuragtergronde en sportsoorteis by die studie betrek. Kultuurgroepe wat by die studie ingesluit is, was swart-, witenbruin sportpersone. Toetslinge het onderskeidelik deelgeneem op provinsiale-,nasionale- en internasionale vlak van kompetisies. Toetslinge kon vir 'n minimum vantwee maande nie aan hul sportsoorte deelneem nie as gevolg van hul sportbeserings.Daar is tydens 'n loodsstudie gebruik gemaak van 'n gestruktureerde vraelys. Hierdievraelys het egter die invordering van data beperk en is daarom slegs ontwikkel engefinaliseer as 'n semi-gestruktureerde onderhoudsgids. Onderhoude is dan metbehulp van hierdie onderhoudsgids gevoer. Onderhoudsvrae was daarop gemik om 'nbeskrywing van sportpersone se kognisies tydens rehabilitasie uit te lok. Die volgendekognitiewe prosesse is ondersoek:�?Hanteringsmeganismes�?Kognisies�?Pynervaring�?Vrae�?BekommernisseBandopnames is van die onderhoude geneem en dit is getranskribeer na getikte vorm.Die inligting is hierna deur die QSR NUD*IST - rekenaarprogram gekodeer engeanaliseer. Hierdie rekenaarprogram is spesifiek ontwerp om kwalitatiewe dataverwerkingte behartig. Die betroubaarheid is deur die proses van triangulasieverhoog, waar 'n tweede analiseerder by die data-ontledings betrek is. Verskille isbespreek totdat konsensus tussen die analiseerders bereik is.Sportpersone se kognitiewe ervaringe tydens rehabilitasie ná 'n sportbesering blykindividueel te wees. Kultuurspesifieke kognisies is nie deur die studie geïdentifiseernie. Sportpersone se pynervaring blyk 'n individuele ervaring te wees waarop elkeenverskillend reageer. Sportpersone het ook verskeie verklarings vir hul pynervaringsaan die hand gedoen. Hanteringsmeganismes wat sportpersone aangewend het tydensrehabilitasie is geïdentifiseer. Verder is die vrae en bekommernisse waarmeesportpersone tydens rehabilitasie gekonfronteer word, geïdentifiseer.Die doelwit van die navorsing is bereik deurdat kognitiewe prosesse van sportpersonegeïdentifiseer is en bydraes gelewer is met betrekking tot kulturaliteit in diesportsielkunde.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文