Ultrastruktuur en konidiogenese in Fusarium crookwellense
[摘要] Afrikaans: Die ultrastruktuur, sporulasie en sitologie van Fusarium spp.het wye aandag geniet, maar sekere basiese inligting hieromtrentis nie beskikbaar nie. Tydens die huidige bestudering van dietoetsorganisme, Fusarium crookwel lense is bevind dat daar oor diealgemeen ooreenstemming is tussen die huidige resultate en resultatewat aangemeld is ten opsigte van sitoplasmiese insluitsels.Verskille in hife-, konidium- en chlamydospoorwandinterpretasiehet egter voorgekom en daar is bevind dat die hifewand soortgelykaan die makrokonidiumwand is. Laasgenoemde wande bestaan uittwee lae, naamlik'n fibrillêre of fraaiingagtige buitewandlaag en binnewandlaag wat in sommige geval le as twee sones waarneembaaris. Die verskynsel van sones in die binnewandlaag kan toegeskryfword aan proteien of lipied impregnering in die wand saam met dieeffek van fiksering- en kleuringstegnieke.Die dikker chlamydospoorwand bestaan basies ook net uit twee lae,naamlik 'n buite disintegrerende elektrondigte laag wat die oorspronklikbuitewandlaag van die hife (konidium) verteenwoordig en'n binnewandIaag wat, aan die buitekant die oorspronkIike hife(konidium) binnewandlaag en, aan die binnekant die nuwe sekondêrewandmateriaal bevat. Verskille in elektrondigtheid in hierdielae kan moontlik toegeskryf word aan die onderbrekingsperiode indie neerlegging van wandmateriaal en teenwoordigheid van osmofiliesemateriaal in 'n gedeelte van die wand.Die wyse waarop konidiogeneselle en konidia gevorm word, wordalgemeen deur mikoloë as die basis van die klassifikasie vanDeuteromisete aanvaar. Tydens die huidige ondersoek is tweewyses waarvolgens die eerste konidium geproduseer kan word, waargeneem.In die eerste geval is 'n septum in die konidiogenesel,weg van die apeks af, neergelê. Breuke ontstaan in die buiteselwandlae net bokant die posisie waar die septum neergelê is enas gevolg van verdere ontwikkel ing van die konidium, skei diebuitelae van die ou konidiogenesel op die posisie van die breuken gee dit oorsprong aan 'n kollaret.Tydens die tweede tipe ontwikkeling is geen afsnydingseptum indie konidiogenesel neergelê nie en konidiumontwikkeling is voorafgegaandeur disintegrasie van die apikale wandarea van diekonidiogenesel. 'n Kollaret het ook in laasgenoemde geval ontstaan,maar die morfologie daarvan verskiI van dié van die kollaretsoos vir die eerste tipe ontwikkeling vermeld. Beide tipesontwikkeling van die eerste konidium sal/kan tot gevolg hê datselwandoorblyfsels op die ontwikkelende konidium aanwesig is,alhoewel die hoeveelheid materiaal wat betrokke is, kan verskiI.Hierdie twee tipes van eerste konidium ontwikkeling versoen dieteenstrydige resultate wat in die literatuur aangemeld is en duiop 'n kontinuum van ontwikkeling vir die eerste konidium vanaf 'ngeheel thalliese tot 'n geheel enteroblastiese wyse. Alle konidiawat na die eerste konidium gevorm word, in beide tipes van eerstekonidiumontwikkeling, word holoblasties gevorm. Waar uitgebreideperikliniese verdikking in die konidiofoornek voorkom, kan konidiogeneselle regenereer en prolifereer om 'n nuwe konidiogeneselwat konidia op 'n hóêr vlak produseer, te vorm.Sitologie binne die genus Fusarium het hoofsaaklik aandag op diegebied van aantal kerne per sel, kerndeling en aantal chromosomeby die onderskeie spesies geniet en slegs 'n enkele verwysing isna die voorkoms van kerne en neerlegging van septa in makrokonidiagemaak.Jong ontwikkelende konidia is sonder kerne totdat die konidiumdie finale grootte bereik het. Op hierdie stadium beweeg 'ndogterkern uit die konidiofoor in die konidium in en konidiumafgrensingvind waarskynlik net hierna plaas. Kerndeling vind indie konidium plaas en 'n septurn (primêre septurn) word in diemiddel van die konidium tussen die twee dogterkerne neergelê.Gesinchroniseerde verdeling van die twee dogterkerne vind danplaas en septa (sekondêre septa) word neergelê om die apikale enbasisselle af te grens. Hierna volg 'n tweede gesinchroniseerdekernverdeling en septa (tersiêre septa) word neergelê om beidehierdie langsliggende selle te verdeel. Volgens hierdie proseshet die normale, volwasse makrokonidium dus vyf septa en elkesel bevat een kern.Alternatiewelik is gevind dat, nadat die kern die konidium binnebeweeghet, voordat kernverdeling plaasgevind het, septa neergelêword wat die kernlose apikale- en basissellé afgrens. Volgenshierdie wyse van kerndeling en septasie ontstaan 'n konidium metses selle, maar vier kerne. Gesinchroniseerde kerndeling kan ooktot gevolg hê dat een van die twee septa langs die primêre septurnnie neergelê word nie en 'n tweekernige sel sal dus in 'n makrokonidiummet vier of ses septa in een van die selposisies langs dieprimêre septum geleë wees.Septumneerlegging in makrokonidia geskied dus volgens 'n definitiewepatroon en word normaalweg deur kernverdelings voorafgegaan.
[发布日期] [发布机构] University of the Free State
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]