已收录 273173 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
'n Ondersoek na die aanlegprofiel en beroepsoriëntering van universiteitstudente
[摘要] Afrikaans: 1. 'n Ondersoek is ontwerp en uitgevoer, om die aanlegprofiel en beroepsorientasie van universiteitstudente te ondersoek. Die basiese hipotese wat getoets is, was dat meer-suksesvolle manlike- en vroulike studente, in verskillende vakrigtings, aan die universiteit, n hoer vlak van prestasie en n ander profielvan vermoens en beroepsorientasies, sal he as minder-suksesvolle studente.2. 'n Oorsig van relevante literatuur is gegee.3. Die groep studente se aanleg en beroepsorientering is met behulp van dieAPT en B/VOT gemeet. 'n Beskrywing van die toetse is gegee. Verdere relevanteinligting is m.b.v. n biografiese vraelys ingesamel.4. Die groep wat gebruik is, het bestaan uit 457 voor- en nagraadse mans- endamestudente, aan die UOVS en RAU, wat vir die doel van die ondersoek beskikbaarwas. Die studente het byna almal in sosiaalwetenskaplike- en geesteswetenskaplikevakrigtings gestudeer. Die groep toetspersone is o.g.v. hullegemiddelde akademiese persentasies, in meer- en minder-suksesvolle groepeverdeel. Eersgenoemde groep het uit 164 en die ander groep uit 186 toetslingebestaan.5. Die routellings op die toetse en die gemiddelde persentasies is na stanegenormskaaltellings omgeskakel. n Uiteensetting van die berekenings wat gedoenis, is gegee.6. Die resultate van die ondersoek was die volgende:- verskeie toetse het beduidend tussen die kriteriumgroepe onderskei,die meer-suksesvolle groep se vlak van vermoe was hoer as die mindersuksesvollegroep s'n,- die mans en dames, in elke groep, se vermoens en beroepsorientasie het nieverskil nie,- die APT se subtoetstellings was geldig, maar die B/VOT het in sommige gevallenegatiewe verwantskappe met die kriterium getoon, - die twee kriteriumgroepe se profiele het baie min verskil, die twee groepe se profielvorms was naastenby dieselfde,- die meer-suksesvolle groep se tellings was effens wyer versprei, as dieminder-suksesvolle groep s'n, en- bykomende inligting uit die biografiese vraelys het bygedra tot n beterbegrip van die twee kriteriumgroeplede se vermoens en beroepsorientasie.7. Daar kon afgelei word dat die geselekteerde groep hoofsaaklike sosiaalwetenskaplikestudente, wat by die ondersoek betrek was, oor n kenmerkendepatroon van aanlegte, met kommunikasie- as die sterkste en praktiese- as dieswakste aanleg, beskik.Die meer-suksesvolle studente het beter presteer op sommige van die toetse in diebattery, as die minder-suksesvolles.Die twee groepe se profielvorms het nie juis baie verskil nie, maar die meersuksesvollegroepe se vlak van vermoe was hoer as die ander groep s'n.Die verskille tussen die twee groepe was in sommige gevalle beduidend, maar niebaie groat nie. Dit geld ook vir die verband tussen sekere van die toetse en diekriterium.Die produktellings tussen die aanleg- en orientasietoetse onderskei redelik goed,maar nie heeltemal beduidend tussen die twee groepe nie. Die vlak van die produktellings,sowel as die vlak van die aanlegtoetse onderskei ook tussen die tweegroepe en korreleer beduidend, maar nie baie hoog nie, met eksamenpunte.Die verspreidingswydte van tellings hou moontlikhede is, alhoewel nie groct,beduidende verskille tussen die twee groepe gevind kon word nie.Biografiese gegewens het verbande getoon met die toetse, maar die verbande wasblykbaar nie baie sterk nie en is ook nie uitgetoets nie.Ten slotte kan afgelei word dat die drie vermoe rigtings wat gebruik is, diemeting van aanleg, sowel as beroepsorientering en die dimensies wat uitgetoets is, moontlikhede inhou. Die geselekteerdheid van die groep, het die toepassingsmoontlikhedevan die resultate beperk en ook n negatiewe invloed op die kriterium uitgeoefen.Die toetse moet eerder vir bree klassifikasie in die drie rigtings, as vir nfynere onderskeid binne n rigting gebruik word. Die afleiding is nie behoorlikuitgetoets nie.Mans en dames het dieselfde patroon van aanleg en orientasie getoon en die toetsebevoordeel dus nie een van die twee geslagte nie.8. Daar word aanbeveel dat verdere navorsing gedoen behoort te word, om diegeldigheid van die toetse vir gebruik by voorligting, te ondersoek, dat n meerverteenwoordigende groep studente, of skoliere (oor n tydperk) by son ondersoekbetrek moet word en dat n geldige kriterium by die bepaling van universiteitsuksesgebruik moet word. Daar moet nie net na meerdere- en mindere sukses gekyk word nie,maar ook ondersoek word of dit moontlik is om die toetse te gebruik, om mense inhulle sterkste aanlegrigtings te stuur.Die gebruik van gekombineerde of samegestelde tellings behoort verder ondersoekte word.Daar is ook aanbeveel dat instrumente wat ipsatiewe tellings lewer eerder nie bydie meting van orientering gebruik moet word nie en dat motivering i.p.v. orienteringgemeet behoort te word.Die feit dat die Praktiese orientasietoets neig om negatiewe verwantskappe metakademiese sukses te toon, behoort ook verder nagevors te word.Daar behoort voortgegaan te word met navorsing om vergelykings te tref tussen studenteaan verskillende tersi§re inrigtings. Die toetsbattery behoort ook op ledevan ander rasse, soos swartes, asiers en kleurlinge toegepas te word.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:12      统一登录查看全文      激活码登录查看全文