已收录 273506 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die beskerming van kredietwaardigheid in die Suid-Afrikaanse reg
[摘要] Afrikaans: Die probleem wat in hierdie studie hanteer word, is of kredietwaardigheidwerklik met die persoonlikheidsregtelike lama van 'n persoon gelykgeskakelkan word en of dit daarmee ooreenstem soos wat tans die siening van diegeldende reg is.Leiding moet noodwendig by die kredietgewingspraktyk in die feitelike werklikheidgesoek word omdat dit die taak van die regswetenskap is om verskynselsin die feitelike werklikheid tot regulerende regsreëls te herlei. Diewerklikheidsbeskouing van kredietwaardigheid toon merkbare afwyking vandie regswerklikheid. Kredietwaardigheid in die feitelike werklikheid wordomskryf as die vertroue wat die kredietontvanger (skuldenaar) by die kredietgewer(skuldeiser) verwek in die wil en vermoë om sy finansiële verpligtingete kan nakom. Die beskouing van die reg van kredietwaardigheid moet danaan die hand hiervan geskied.Sekere regstelsels verleen direkte erkenning aan kredietwaardigheid en is inpas met die werklikheidsbeskouing van kredietwaardigheid. (Die Duitse,Oostenrykse en tot 'n mate, die Nederlandse reg). Ander regstelsels plooiweer die beginsels van die lasterdelik om beskerming te bewerkstellig terwylsommiges statutêre beskerming bied (Engeland, Amerika en Kanada). Hierdiewetgewing het ook 'n voorkomende uitwerking.Die Romeinse en Romeins-Hollandse reg erken nie kredietwaardigheid as 'nspesifieke belang nie en ook is daar besliste twyfel of hierdie regstelselskredietwaardigheid as 'n faset van dié fama geken het. Tog word daar tekstein hierdie regstelsels aangetref wat verwys na die vertrouenselement wat inkredietwaardigheid te vinde is.Die Suid-Afrikaanse reg benader kredietwaardigheid as synde 'n faset vandie persoonlikheidsregtelike lama of as sinoniem daarvan en wend die lasteraksieaan om beskerming daarvan te bewerkstellig. Omdat kredietwaardigheidin die werklikheid nie die lama van'rtpersoon is nie, word van die erkendebeginsels van die lasteraksie afgewyk om beskerming te bewerkstellig. Soword weinig aandag aan die onregmatigheids- en skuldelement gegee en insommige gevalle word onregmatigheid en skuld (opset) selfs verontagsaamten einde kredietwaardigheid te beskerm. Kredietwaardigheid verskil inwesensopsigte van fama en hierdie andersheid word beklemtoon deur die feitdat 'n regspersoon wat oor geen persoonlikheidsregtelike fama kan beskik nie,tog kredietwaardig kan wees. Kredietwaardigheid kan nie met die persoonlikheidsregtelikelama gelykgeskakel word nie. So 'n gelykskakeling beteken datdie verlies aan lama ook verlies aan kredietwaardigheid meebring wat nienoodwendig die geval is nie. Hierdie gelykskakeling misken ook een van diegrondelemente van kredietwaardigheid, naamlik die vermoë om te kan betaal.Die aantasting van kredietwaardigheid gee in die meeste gevalle aanleidingtot vermoënskade wat 'n aanduiding is van die belang wat betrokke is, naamlik'n vermoënsbelang. lndien 'n regswetenskaplike nis vir kredietwaardigheidgesoek word, resoneer dit as subjektiewe reg onder die immateriële goedereregtesynde 'n geesteskepping van die mens op ekonomiese gebied. Daarbyvoldoen kredietwaardigheid aan al die vereistes vir 'n subjektiewe reg.Omdat kredietwaardigheid 'n vermoënsreg, te wete 'n immateriële goederegis, is die beginsels van die actio legis Aquiliae daarop van toepassing watbeteken dat nalatigheid voldoende is om aanspreeklikheid te vestig. Skadeweens kredietwaardigheidsaantasting is ook met 'n redelike mate van juistheidberekenbaar. Dit beteken egter nie dat die aantasting van kredietwaardigheidnie tot 'n aksie vir genoegdoening aanleiding kan gee wanneer die benadeeldekan aantoon dat die kredietbenadelende bewering ook sy fama of dignitas aangetashet nie. In so 'n geval moet die sekondêre betekenis van die beweringegter blyk omdat die klassieke inbreukmakingshandeling tegelyk regmatig enonregmatig kan wees.Uit die gelyktydige regmatigheid en onregmatigheid van die inbreukrnakingshandelingontstaan 'n dilemma omdat die benadeelde nie weet waarom krediethom geweier word nie. Hierdie verskynsel veroorsaak dat die gemeneregtelikeaksies, alhoewel voldoende, nie prakties beskerming kan bied nie. Om hierdiegebrek te verwyder beteken dat wetgewing ter verpligting van die openbaarmakingvan inligting met die behoud van die gemeneregtelike aksies enwat terselfdertyd die geldigheid en verspreiding van sulke inligting beheer,noodsaaklik is. Nie alleen sal dit inbreukmakings voorkom en beskermingverhoog nie, maar sal dit ook die geleentheid bied om inbreukmakings opprivaatheid weens die versameling en verspreiding van kredietinligting tebeheer.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:17      统一登录查看全文      激活码登录查看全文