已收录 273176 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat tydens die administrateurskap van J. W. J. C. (Sand) du Plessis
[摘要] Afrikaans: 'n Studie is gemaak oor die breë front van die ontwikkelingsgeskiedenis vandie Vrystaat vanaf 1959 tot 1969. Uit die aard van die saak is dit 'ngeweldige wye onderwerp en kon slegs dieptesnitte gemaak word rondom dieheel belangrikste fasette van die provinsiale administrasie se verpligtingewat in dieselfde tydvak nagekom moes word. Inderwaarheid korreleer die stofvoortdurend met mekaar en vloei dit soms ineen.Ter wille van 'n logiese beeld is daar probeer om die fasette te skei enafsonderlik te hanteer, hoewel dit eintlik alles onderhewig was aan 'n totalebeplanningstrategie van die Administrateur-in-Rade. Die Administrateur konop sigself geen beslissing op sy eie neem sonder die goedkeuring van dieUitvoerende Komitee nie. Die gesamentlike vergadering van genoemdebetrokkenes staan bekend as die Administrateur-in-Rade. Die wye omvang vanoptrede deur die administrasie op soveel verskillende terreine verleen 'ngedrongenheid van faktore en aspekte aan die verhandeling wat dit moontlikkan laat lyk na 'n opeenhoping van gegewens. Dit is eintlik niks anders nieas 'n weerspieëling van die baie ysters wat die Administrateur en syUitvoerende Komitee in die vuur gehad het.Die veelheid van faktore en aspekte wat dus onder die loep geneem is, isgrootliks te wyte aan die wye spektrum van sake wat op die Administrateur ensy personeel se sakelys was, eerder as wat dit 'ngebrek aan struktuur is.Dit verklaar terselfdertyd waarom dit nie moontlik was om 'n deurlopendechronologie op te bou deur die tema in verhaaltrant uit te bou nie. Daarmoes telkens sekere. dieptesnitte gedoen word van ontwikkelings watgelyktydig plaasgevind het, sodat die chronologie dikwels die onderspit moesdelf, ter wille van die behoud van struktuur. Die onder-struktuur van elkehoofstuk is nietemin tematies aangepak vir sover dit enigsins moontlik was.Baie onderhoude is gevoer ten einde die tydsklimaat en omstandighededuidelik te verstaan. Veel meer aandag is egter verleen aan die dokumentêrebewyse aangesien dit meer gedetailleerd, presieser en dus meer gesaghebbendis. Uiteindelik het die dokumente en die onderhoude mekaar ryklik aangevul.In 'n poging om die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat sinvol uit tebou en te evalueer, was dit telkens nodig om veralook na die periode vóórDu Plessis se termyn as Administrateur te kyk. Daarsonder sou veel verloregegaan het en kon 'nobjektiewe mening kwalik gevorm word. Dit was daaromnodig om ook na sy rol in die uitbouing van die Vrystaat te kyk in dieperiode voordat hy Administrateur geword het en dit in samehang te beskoumet ontwikkeling wat plaasgevind het na hyself die leisels oorgeneem het.Sodoende word 'nveel bevredigender beeld verkry van die persoonlike bydraeen inisiatief wat van Du Plessis uitgegaan het om die Vrystaat in die dekadesestig so duidelik op die pad van ontwikkeling en groei te plaas.Die bewys hiervan lê in sy hele optrede. Die tweede en derde hoofstukke enook hoofstuk sewe spreek van die historiese agterstand wat deur die jare indie Vrystaat opgebou is op die gebiede van hospitalisasie, onderwys, paaieen natuurbewaring en die pogings wat aangewend is om dit te verander.Hoofstuk twee gee die leser 'nbeter beeld van die spesifieke tydsgewrig enomstandighede waaronder Du Plessis die leisels oorgeneem het.Hoofstuk vyf handel spesifiek oor die waarde wat aan beplanning en diekontrolering van projekte toegeken is, terwyl hoofstuk vier rondom toerismegebruik word om 'n unieke model as uitvloeisel van dié beplanning tebeskrywe. Hoofstuk ses, wat oor Oranjejag handel, is op sigself 'nmerkwaardige gebeurtenis in die Vrystaatse en dalk in die Suid-Afrikaansegeskiedenis. Dit is 'n unieke voorbeeld van pionierswerk wat deur onbegripaan bande gelê is en daarom moeilik sy kinderskoene ontgroei het.
[发布日期]  [发布机构] University of the Free State
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文