已收录 272956 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Holistic, motivational life management in ageing : a gerontological-pastoral perspective
[摘要] Gerontology is a well researched and established field, supported by participating sciences, namely the Biological and Health sciences, Psychology and the Social sciences. Although gerontological research indicates the positive role of religious beliefs in the process of ageing, literature often expresses the need for further research on religion and ageing from theological perspectives.Research on ageing from a practical theological perspective seems to have a strong emphasis on the pastoral care of ageing people and their well-being on the one hand, and development of structures for maintenance, enrichment and reconstruction of life on the other hand. There seems to be sufficient scope for further research into a positive and motivational pastoral approach and strategy towards positive life management which will encourage ageing persons to live a meaningful to the end of life, in full knowledge and awareness of the realities of ageing.Therefore, this research engaged in an extensive literature study of the multi-disciplined fields of gerontology on ageing. This included an analysis of pastoral and positive psychological approaches to ageing. Approaches to ageing amongst some of the well-known religions of the world were also investigated. This literature study provided basis theoretical perspectives for a proposed pastoral approach to guide ageing people towards meaningful ageing to the end of life.In addition to the literature study, a qualitative investigation was done to determine why ageing people are not well motivated to pursue the ageing process with a positive attitude of meaningfulness to the end of life and how they could be guided to adopt a more positive approach towards meaningful ageing. The qualitative research revealed important contextual aspects, for example the Border War and the emigration of large numbers of younger people leaving ageing parents behind, that should be taken into account when a pastoral approach to meaningful ageing was considered.The research provided sufficient support to propose and formulate a pastoral approach, which will assist ageing people in a congregational context, to manage ageing-related challenges towards meaningful living to the end of life. Gerontologie is n erkende wetenskap wat ondersteun word deur deelnemende wetenskappe soos die Biologiese- en Gesondheidswetenskappe sowel as die Geestes- en Sosiale wetenskappe. Alhoewel gerontologiese navorsing n positiewe verband tussen godsdiens en veroudering aandui, is daar dikwels pleidooie dat die verdere navorsing hieroor vanuit n teologiese perspektief moet geskied.Bestaande navorsing oor veroudering vanuit n prakties-teologiese perspektief, beklemtoon gewoonlik die pastorale sorg en die welwese aan ouer persone aan die een kant, en die daarstelling van strukture vir instandhouding, verryking en herstrukturering van die lewe aan die ander kant. Daar bestaan dus ruimte vir verdere navorsing oor n positiewe en motiverende pastorale benadering tot positiewe lewensbestuur wat ouerwordende mense sal aanmoedig om betekenisvol te leef tot aan die einde van hulle lewe, midde die werklikheid van veroudering.n Indringende literatuurstudie oor veroudering is onderneem in die multi-dissiplinêre velde van die gerontologie. Daar is ook n analise gedoen van verskillende benaderings tot veroudering in die pastoraat sowel as die positiewe sielkunde. Benaderings tot veroudering in die hoof godsdienste van die wêreld is ook ondersoek. Die literatuurstudie het bygedra tot die daarstelling van basis-teoretiese vertrekpunte vir n pastorale benadering om ouerwordende mense te begelei om betekenisvol te bly lewe tot aan die einde van hulle lewe.Tesame met die literatuurstudie is ook n kwalitatiewe navorsing gedoen wat daarop gemik was om vas te stel waarom ouerwordende mense dikwels nie goed gemotiveerd is om met n positiewe benadering betekenisvol te bly lewe tot die einde nie. Die kwalitatiewe navorsing het aan die lig gebring dat daar verskillende kontekstuele aspekte is wat in berekening gebring sal moet word wanneer so n pastorale benadering met die oog op betekenisvolle veroudering, oorweeg word. Voorbeelde hiervan is die Grensoorlog en die emigrasie van groot getalle jongmense na die buiteland, wie se ouers alleen agtergelaat word.Die navorsing het aangedui dat daar ruimte bestaan vir n benadering waardeur ouerwordende persone binne gemeentelike konteks, gehelp kan word om ouderdomsverwante uitdagings só te bestuur, dat hulle steeds betekenisvol kan bly lewe tot aan die einde.
[发布日期]  [发布机构] North-West University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:14      统一登录查看全文      激活码登录查看全文