已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Emosionele reaksies van die moeder van die seksueel misbruikte kind na bekendmaking van seksuele misbruik
[摘要] * OPSOMMING: Die doelstelling van die navorsing was om die reaksies van die moeder van die seksueel misbruikte kind na bekendmaking van die oortreding te bepaal en hoedat die forensiese maatskaplike werker die moeder tydens die forensiese proses behulpsaam kan wees.Doelwit 1: Om vas te stel wat die emosionele reaksies van die moeders was nadat seksuele misbruik van hul kinders bekend gemaak is.Doelwit 2: Om vas te stel in watter mate die forensiese maatskaplike werker inligting aan die moeder verstrek het rakende die wetlike en forensiese prosesse asook moontlike implikasies rakende bepaalde besluitneming.Doelwit 3: Om vas te stel hoe die forensiese maatskaplike werker die moeder tydens die forensiese proses behulpsaam kan wees.Ten opsigte van doelwit een (1) is 'n gestandaardiseerde meetinstrument (PMSI) benut ten einde die moeder se emosionele reaksies te bepaal. Daar is bevind dat die moeder van die seksueel misbruikte kind na bekendmaking daarvan, binne 'n emosionele konteks, met simptome van trauma presenteer.Doelwit twee (2) is met behulp van 'n selfontwerpte vraelys ondersoek, aan die hand waarvan bevind is dat die meerderheid moeders voldoende inligting met betrekking tot die wetlike en forensiese prosesse van die forensiese maatskaplike werker ontvang het. Enkele van die moeders het egter beleef dat hulle nie op aile vlakke toepaslik ingelig was rakende die wetlike en forensiese proses nie. Ten aansien van doelwit drie (3) is dieselfde selfontwerpte vraelys benut as die in doelwit twee (2) genoem. Daar is bevind dat die forensiese maatskaplike werker toepaslike inligting aan die moeder moet verstrek en dat sy haar na bevoegde kundiges wat oor spesifieke terapeutiese kennis en vaardighede beskik, moet verwys. Hierdie bevindinge is vervat in die aanbevelings wat in die studie gedoen is, wat fokus op die forensiese maatskaplike werker se rol en taak met betrekking tot die moeder van die seksueel misbruikte kind.
[发布日期]  [发布机构] North-West University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文