Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in 'n landelike gebied in die Wes–Kaap
[摘要] Twee navorsingsvrae word deur hierdie studie beantwoord, naamlik Wat is dieChronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in 'n landelikegebied in die Wes–Kaap vanuit die perspektief van oud–bendelede? en Watterriglyne kan daar gestel word ter voorkoming van bende–betrokkenheid by jongerkinders in Sir Lowry's Pass Village, gebaseer op die chronosisteemverwante faktorewat geïdentifiseer word? 'n Gevallestudie–ontwerp is gevolg waar retrospektiewebeskrywings van oorsaaklike faktore deur oud–bendelede lig gewerp het op aspektewat relevant is in die voorkoming van bende–betrokkenheid by jonger kinders in 'nkwesbare landelike gebied, naamlik Sir Lowry's Pass Village in die Wes–Kaap.Chronosisteemverwante faktore wat gelei het tot bende–betrokkenheid in 'n landelikegebied in die Wes–Kaap, naamlik Sir Lowry's Pass Village, moet vasgestel wordaangesien dit 'n kettingreaksie tot gevolg het. Sir Lowry's Pass Village is 'ngevaarsone vir kinders wat bende–betrokkenheid betref. Indien die faktore vasgestelkan word, kan dit as 'n riglyn vir die bekamping van bende–betrokkenheid dien.Hierdie studie poog om riglyne daar te stel gebaseer op die bevindinge sodat kinders teen bende–betrokkenheid beskerm kan word.
[发布日期] [发布机构] North-West University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]