已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
The Canadian education system with special reference to cultural differentiation
[摘要] 1. PROBLEEMSTELLING: Die navorsingsprobleem is om vas te stel of die Kanadeseonderwysstelsel deur die verskillende kulture van dieKanadese bevolking beïnvloed is. Of anders gestel,bestaan daar die geleentheid tot kultuurdifferensiasiein die Kanadese onderwysstelsel.Uit hierdie probleemstelling word die volgendeprobleemvrae afgelei, naamlik:* Word die onderwysstelsel van 'n bepaaldebevolkingsgroep deur die kul tuur van daardie groepbepaal?* Het die kultuurverskille in die Kanadese bevolking indie verlede 'n invloed op die onderwysvoorsieninggehad?* Word die onderwysstelselstruktuur in Kanada bepaaldeur kultuurverskille?* Word spesifieke maatreëls getref omkultuurdifferensiasie te verwerklik?2. NAVORSINGSDOELSTELLINGVoortvloeiend uit die navorsingsprobleem lei dienavorsingsdoelstelling om vas te stel of:* die onderwysstelsel se aard kultuur-bepaald is;* die kultuurverskille in die Kanadese bevolking in dieverlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehadhet;* die onderwysstelselstruktuurkultuurverskille bepaal word; en* of daar spesifieke maatreëlsin Kanada deurgetref word omkultuurdifferensiasie in die onderwys moontlik temaak.3. NAVORSINGSMETODES'n Literatuurstudie is gevoer deur boeke, tydskrifte enkoerante te raadpleeg wat betrekking op die studieveldmag hê. Onderhoude is gevoer met gesaghebbendes op hulgebied in die onderwys om 'n wyer siening te bekom oordie Kanadese onderwys-gemoeidheid.4. STRUKTUUR VAN DIE VERSLAGIn die opvolgende vyf hoofstukke is gepoog om dienavorsingsdoelstellings te staaf.HOOFSTUK 2'n Teoretiese begronding van die verband tussen dieonderwysstelsel en kultuur word bespreek. Aan die hand vandeeglike ondersoek is daar gevind dat kultuur geen definisiehet nie, maar alle aspekte van die mens se lewenswysesinsluit soos: tradisie, geskiedenis, ekonomie, politiek,handel, boukuns, landbou, kuns, etiek, taal, gewoontes engebruike. Omdat die kultuurbegrip so omvattend is, kan gesêword kultuur deursuur die mens, sy gewoontes, sy gebruike,sy taal, sy materiële vooruitgang en sy omgewing.In die allesomvattende begrip kultuur, word die opvoeding ofonderwys ook ingesluit. Derhalwe sal die onderwys van 'ngroep noodwendig deur daardie groep beoefen word binne diekul tuurgrense wat die groep as belangrik beskou. So worddaar dan van 'n Engelse, Franse of Amerikaanse kultuurgepraat, en of onderwys.Terwyl die onderwys dan verbonde is aan die kultuur van diegroep, sal die onderwys bedryf word binne 'nonderwysstelsel. Die onderwysstelsel is die georganiseerdestruktuur verband waarbinne onderwys bedryf word, en wordbepaal deur die kultuur van die bevolkingsgroep.HOOFSTUK 3 EN 4Kanada is bespreek aan die hand van natuurlike en kulturelefaktore. Aangesien die land so uitgestrek is, 4,000 myl vanoos na wes, met 'n klimaat van uiterste, lang koue wintersen kort warm somers, het die twee faktore bygedra tot diekommunikasie-probleme wat weer aanleiding gegee het totplaaslike ontwikkeling en lojaliteite. Gevolglik berusKanada se politieke bestel op 'n versameling van provinsiesbinne 'n federale regering.Die onderwys-geskiedenis is aangetoon in die lig vankulturele verskille wat betrekking het, eerstens, op dieFranse en Engelse en later, op die ander groepe.Die Franse nedersetting het in die oostelike deel van dieland begin. Na die Engelse oorname van die Franse gebiedhet konflikte ontstaan as gevolg van die Franse se weieringom Engel se gebruike aan te neem,vernaamste was. Volgens diewaarvan die onderwys dieFranse gebruik was dieKatolieke kerk verantwoordelik vir die onderwys, en dieKatolieke kerklikes wou geen Engelse staatsinmenging duldnie. Om enigsins vreedsaam te verenig is daar volgenswetgewing bepaal dat onderwys die verantwoordelikheid vandie provinsie bly. Daarvolgens is onderwysvoorsiening 'nplaaslike aangeleentheid en val dit nie onder die federaleregering se jurisdiksie nie. 'n Spesiale bepaling maak virkultuurverskille voorsiening, naamlik 'n aparte skoolraad,sodat die Protestante in Quebec en die Katolieke in dieander provinsies die reg behou om aparte skole te hê, engeregtig is op staatshulp.Kanada is geleidelik bevolk deur immigrante van Europa. InEngelse Kanada of Kanada-Wes 1 het die Engelse invloed dieonderwysbeplanning gerugsteun. Ryerson, as superintendentvan onderwys, het die riglyne vir die onderwysstelselaangetoon in 1846 tot 1876. Soos die land weswaarts bevolkis, het die onderwysstelsel uitgebrei. Die ontwikkelendeprovinsies het nie die patroon slaafs nagevolg nie 1 maar ditaangepas om by die plaaslike gemeenskappe se behoeftes enverskille aan te pas. So, het Britse Kolombië nnie-sektariese onderwysstelsel, terwyl Newfoundland sestelsel verbonde is aan vyf denominale stelsels.In 1876 het Kanada 'n federasie geword met vier provinsies,die ander provinsies het op later datums lede geword. Byelke byvoeging is die onderwysvoorsiening wetgewingbekragtig.In hierdie twee hoofstukke word dan aangetoon dat diegeografiese kenmerke van distansie en klimaat diekommunikasie tussen die mense beïnvloed het 1 sodat daar 'nalles-oorheersende plaaslike lojaliteit ontstaan het. Diehistoriese patroon van nedersetting 1 oos en wes met dieFranse en Engelse, het die plaaslike groepslojaliteit verderaangehelp. Die gevolg was dat daar 'n gefragmenteerdepluralistiese federasie van mense ontstaan het, metonderwysvoorsiening 'n plaaslike aangeleentheid. Die Franseen Engelse bevolkings het etnies religieus, kultureel enlinguisties te veel verskil om eenvormig te wees.Die tweede navorsingsdoel is hierby verklaar, naamlik datdie kultuurverskille van die Kanadese bevolking in dieverlede 'n invloed op die onderwysvoorsiening gehad het.HOOFSTUK 5In hoofstuk vyf het die klem geval op die rol wat diefederale en provinsiale regerings speel inonderwysvoorsiening. Alhoewel die federale regeringaangewys is op onderwysvoorsiening vir spesiale groepe, soosdie Indiane, Eskimo's, Weermag en Gevangenes, het diefederale regering geen direkte inspraak op die onderwys vandie provinsies nie. Daar is tans 'n debat om die federaleregering se rol te probeer verklaar, aangesien die federaleregering die onderwys indirek beïnvloed deur finansiëlebydraes te maak. Daar word andersins streng gewaak teendirekte federale inspraak op die onderwys van dieprovinsies.Die onderwys is derhalwe gedesentraliseerd tot op plaaslikevlak. In die provinsiale struktuur val onderwysbeheer en-beleid onder die gesag van die departement van onderwys met'n minister aan die hoof van die departement. Hy/sy is 'npolitieke aanstelling terwyl die adjunk-minister 'nstaatsdienaar is. Onder die leiding en gesag van diepersone resorteer die administrasie, finansiële begroting,onderwysuitvoering, onderwysdienste en onderwysinrigtings.Verder het die plaaslike skoolrade gedelegeerde gesag sodatskoolstelsels op provinsiale vlak verskil.Omdat die onderwysstelsel so ui teenlopend is, kon net 'nveralgemening gebruik word ten einde te benadruk dat dieonderwysstelselstruktuur kultuur bepaald is.die derde navorsingsdoelstelling uiteengesit.HOOFSTUK 6Vervolgens isBinne die hoofstuk word aangedui hoe die beleid vanmultikulturalisme waarop die federale regering in 1970besluit het, binne die tweetaligheidbeginsel toegepas moetword.Die dominante Engelse groep het die onderwys van al dieprovinsies beheer behalwe Quebec. Ten einde geassimileer teword moes die immigrante hul by die Engelse beleid vanonderwys aanpas. Gedurende die sestigerjare het Quebec 'netniese oplewing ondervind toe die Franse bevolking hul rolin die ekonomiese samelewing bevraagteken het. Deurgrondigeondersoek is ingestel en na aanleiding van die verslae hetdie ander etniese groepe in Kanada aangetoon dat hulleerkenning wil hê. Daar is wetgewing ingedien en Kanada volgnou die beginsel van multikulturalisme binne 'ntweetaligheidsraamwerk.Uiteenlopende denkrigtings/opinies word gehuldig oor dieuitvoerinq van multikulturalisme binne skool verband.Daar die beleid berus op die vertolking van elke provinsieof skoolraad binne sy kulturele verband of belang, kon net'n paar voorbeelde genoem word.Daar is egter opgelet dat spesifieke maatreëls getref wordom kul tuurdifferensiasie in die onderwys moontlik te maak,wat die vierde navorsingsdoelstelling duidelik maak.Die slotopsomming van die navorsingstudie met sekerebevindings word in die hoofstuk verhaal.. Dit is gevind datdie studieveld baie meer behels as wat aanvanklik berekenis, met die gevolg dat die veelomvattendheid van die studienie genoeg ruimte oorlaat vir 'n in diepte verslag nie.Die moontlikheid bestaan dus dat 'n opvolg studie die areakan bereik wat nie gedek is nie, te wete die onderwysvooriening van die inboorlinge, Indiane enEskimo's.
[发布日期]  [发布机构] North-West University
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文