'n Ondersoek na lewensvaardigheidsopvoeding in die grondslagfase
[摘要] In die Grondslagfase is Lewensvaardighede een van drie leerprogramme wat deur die Departement van Onderwys voorgeskryf en verder in die Nasionale Kurrikulumverklaring uiteengesit word. Lewensvaardighede fokus op die ontwikkellng van lewenswaardes en stel die ontwikkeling van verantwoordelike en gedissiplineerde landsburgers. van Suid-Afrika ten doel. Teen die agtergrond van die bogenoemde oorkoepelende uitkoms van Lewensvaardigheidsopvoeding, was die doel van die studie om antwoorde op die volgende navorsingsvrae te Vind: •Wat is Grondslagfase-onderwysers se houding teenoor Lewensvaardigheidsopvoeding?•Is daar 'n verband. tussen sekere biografiese veranderlikes en Grondslagfaseonderwysers se houding teenoor Lewensvaardigheidsopvoeding?•Hoeveel tyd bestee Grondslagfase-onderwysers daagliks aan die onderrig van leerders se lewensvaardighede? •Verskil die daaglikse tydsbesteding aan die onderrig van Lewensvaardighede, Gesyferdheid en Geletterdheid betekenisvol van mekaar?•Is daar faktore wat Lewensvaardigheidsopvoeding in die Grondslagfase belemmer? •Watter aanbevelings kan gemaak word om die onderrig van Lewensvaardighede in die Grondslagfase te bevorder? Ten einde bogenoemde vrae te beantwoord is 'n gekombineerde (kwantitatiewe en kwalitatiewe) navorsingsmetode geïmplementeer. Data is deur middel van 'n gestruktureerde vraelys by 'n steekproef van Grondslagfase-onderwysers in die Potchefstroom en Klerksdorpskooldistrikte van die Noordwes Provinsie ingesamel en die inllgting is statrsties geanaliseer: Die kwantitatiewe fase van die ondersoek is opgevolg deur 'n kwalitatiewe fase waartydens onderhoude met Grondslagfase-onderwysers gevoer is. Voortspruitend uit die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate, is die volgende gevolgtrekkings gemaak, wat in diepte in die verhandeling bespreek sal word: •Grondslagfase-onderwysers se houding teenoor Lewensvaardigheidsopvoeding is oor die algemeen oorwegend positief. •Daar is 'n verband tussen sekere biografiese veranderlikes en Grondslagfaseonderwysers se houding teenoor Lewensvaardigheidsopvoeding. •Die meerderheid van die Grondslagfase-onderwysers bestee tussen 25% en 35% van hulle daaglikse tyd aan die onderrig van Lewensvaardighede. •Die tyd wat Grondslagfase-onderwysers daagliks aan die onderrig' van Lewensvaardighede, Gesyferdheid en Geletterdheid bestee, verskil betekenisvol van mekaar. Die meeste tyd word daagliks aan die onderrig van Geletterdheid bestee, gevolg deur Gesyferdheiden Lewensvaardighede. •Daar is bepaalde faktore wat die suksesvolle. aanbieding van Lewensvaardighede -in die GroRdslagfase belemmer. Op grond van die bevindinge van die ondersoek, is bepaalde aanbevelings aan die hand gedoen om die onderrig van Lewensvaardighede in die Grondslagfase te bevorder.
[发布日期] [发布机构] North-West University
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]