Die werk van David Canty en die plek daarvan in die Suid-Afrikaanse landskapskilderkuns
[摘要] Hierdie ondersoek is aanvaar met die bewuste wete datdit sou gaan oor 'n kunstenaar wat in kunskringe nagenoeg'n onbekende en obskure persoon is.In A. Gordon-Brown se andersins verdienstelike enoorsigtelike Pictorial Art in South Africa during ThreeCenturies to 1875 met biografiese en ander gegewens oorkunstenaars in Suid-Afrika voor 1875, lees ons o.a. dievolgende, rakende die onderwerp van hierdie verhandeling: ('CANTY, D. Untraced. Water-colours of Natives c.l870 arein the Africana Museum).Dit is duidelik dat Gordon-Brown hier misgetas hettoe hy David Canty in die lys van kunstenaars voor 1875geplaas het en dat sy geskatte datering van die betrokkestukke in die Africana-Museum van Johannesburg foutief is.Vir die doel van hierdie studie is gepoog om ook anderwerke van die skilder op te spoor. Deur persoonlike navraagen deur briewe geplaas in lesersrubrieke van vooraanstaandedagblaaie, hoofsaaklik in die Transvaal, is dieondersoek begin. So het, behalwe die 105 stukke in dieCanty-versameling, wat die kern van my ondersoek uitmaak,en die vier in die Africana-Museum, nog 42 ander skilderyeaan die lig gekom. 'n Mens kan aanneem dat daar wel heelwatmeer geskilder is as die 151 wat hier genoem word.Aangesien hierdie genoemdes wel voorbeelde oplewer van sywerke uit 'n lang periode geskilder, kan dit met veiligheidas 'n tiperende deursnit van sy kuns beskou word.'n Katalogus vir die skilderye in die versamelingen die ander wat opgespoor kon word, is opgestel. Die engelse titels is deur die kunstenaar self aan sy werkegegee; die Afrikaanse titels is deur my gegee.
[发布日期] [发布机构] University of Pretoria
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]