Die wanbetaling van lewensversekering : 'n analise van die redes, die gevolge vir die versekeraar, kliënt, bemarker en remediërende optrede (Afrikaans)
[摘要] AFRIKAANS: Die lewensversekeringsbedryf in Suid-Arrika is 'n groot mobi1iseerder van langtermyn diskresionêre kapitaal en verleen beskerming teen finansiële ver1iese wat weens die intrede van persoonlike risiko's voorkom. Die mate waarin fondse na die bedryf vloei toon dat die publiek lewensversekering wel belangrik ag en dat dit reeds 'n algemene begrip en 'n belangrike komponent van die uitgawes of kontantvloei van baie huishoudings vorm. Soos in die res van die wêreld. gaan die plaaslike bedryf ook gebuk onder die probleem dat k1iënte hulle versekering tot nadeel van al die belanghebbers ontydig beëindig. Daar bestaan nie 'n bepaalde of dominante rede vir die wanbetaling van versekering nie, maar dit kan aan die sameloop van verskillende faktore toegeskryf word. Groot bedrae geld word op hierdie wyse oneffektief aangewend en nie benut waarvoor dit bedoel was nie. Uit die studie het dit duidclik geword dat die kliënte baie onkundig met betrekking tot persoonlike finansiële beplanning is waar 'n versekering 'n besondere belangrike rol speel. Tydens die bemarkingsproses maak kliënte hoofsaaklik op die tussengangers se ervaring. kennis, betroubaarheid, integriteit ens., staat om van die 'beste of toepas1ike advies voorsien te word. Dit plaas lewensversekering in die kader van finansiële dienste en moet die kenmerke, te wete. nie-tasbaarheid. bederfbaarheid ens., deeglik in ag geneem word. K1iënte se reaktiewe optrede veroorsaak dat die meeste versekering aan hulle verkoop en nie gekoop word nie. Voorspruitend hieruit rus 'n verpligting op versekeraars om toe te sien dat hulle tussengangers toegerus is om aan die kliënte se verwagtinge te voldoen. Indien nie, is die beskerming wat tans aan die kliënte via selfregulering, die Suid-Afrikaanse reg, ens., verleen word, so gebrekkig dat dit van nul en gener waarde is. Die belanghebbers se interafhanklikheid vereis dat elkeen 'n verpligting het om toe te sien dat die diskresionêre kapitaal optimaal benut word. Die versekeraars se onherroeplike enIof onbeperkte afhanklikheid van kliënte en tussengangers noodsaak daadwerklike optrede deur hulle om die posisie te verbeter. Daar is egter geen beperking op versekeraars om aksie te neem nie, behalwe dit wat hulle self opgelê het. Die persepsie is dat die versekeraars poog om hulle verpligtinge teenoor die kliënte te systap. Die versekeraars kan die probleem op 'n gefragmenteerde basis hanteer. Die gevaar is egter dat die simptome, in plaas van die probleem aangespreek word. Die ideaal is om die probleem holisties aan te spreek waarby die totale bemarkingsproses in heroorweging geneem behoort te word. Dit is egter twyfelagtig of statutêre intervensie enige oplossing gaan bied.
[发布日期] [发布机构] University of Pretoria
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]