已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die staatsmuseum van die Zuid-Afrikaansche Republiek en sy historiese en etnografiese versamelings
[摘要] Die Staatsmuseum van die Zuid-Afrikaansche Republiek het in 1892 in Pretoria tot standgekom en was in een vertrek in die nuwe Raadsaal op Kerkplein, gehuisves. Die museumversamelingshet gou so groot geword dat beter akkommodasie noodsaaklik was. Die keuse vandie marksaal het die Museum midde-in die alledaagse bedrywighede van 'n besige markpleingeplaas. Uit museumkundige oogpunt het dit die bewaringstaak baie bemoeilik. Die Museumwas hier gehuisves totdat die nuwe museumgebou in Boomstraat voltooi en amptelik op 15Desember 1904 in gebruik geneem is.Die Staatsmuseum het onder beheer van 'n Kuratorium gestaan en onder die Departement vanOnderwys geressorteer. Dr. N. Mansvelt, die Superintendent van Onderwys, was ex officiovoorsitter van die Kuratorium. Die museumkundige werk is aanvanklik onder Ieiding van 'nere-direkteur, dr. H.G. Breijer, ondemeem. Die eerste Direkteur, dr. J.W.B. Gunning, is op1 April 1897 aangestel.Hoewel die beleid van die Museum die bree spektrum van historiese, etnografiese,argeologiese en natuurwetenskaplike vakgebiede aangespreek bet, word daar in hierdie studiehoofsaaklik op eersgenoemde gekonsentreer en veral die verbande wat met die oorhoofsedoelstelling van die Museum gele is, naamlik nasionale bewusmaking.Hoewel Gunning in sy pos as Direkteur aangebly het, het die Anglo-Boereoorlog grootverandering teweeggebring. Na die Britse inname van Pretoria het 'n nuwe Bestuurskomitee nuwe ideale vir die Museum met 'n nuwe naam gekoester. Geleidelik is minder aandag aandie historiese en etnografiese versamelings gegee, terwyl vakkundige werk op natuurwetenskaplikegebied intemasionale roem aan die Transvaalmuseum verleen bet.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文