已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die Bosveld kompleks en sy vloergesteentes in die omgewing van Nietverdiend, Wes-Transvaal
[摘要] Afrikaans: 'n Dagsoomkaart van die geologie van die Maricodistrik, issaamgestel. 'n Verskeidenheid van afsettings- gesteentes van dieTransvaal Opeenvolging vorm die vloer van die Bosveld Kompleks. 'nToename van grofklastiese afsettingsgesteentes in die noord-westegetuig van 'n aanvoerrigting van die afsettings vanuit hierdierigting. Die groat diktes van meta- pelitiese gesteentes ten oostevan Enzelsberg wys op diepwater- afsettings in hierdie gebied.Getyvlakte-afsettings en lokale magnetietkwartsiete in dienoord-weste~ getuig van klein afgeskermde sub-komme. Plooistrukturein die vloer en verskuiwings- dekblaaie het ontstaan deurgravitasieglyding van die ongekonsolideerde sedimente~ v~n wes naoos. Meerveranderlike statistiese tegnieke soos hoofkomponenteontleding,trosontleding en diskriminantontleding, word algemeentoegepas op die chemiese data. Die Hekpoortlawas van die Wes- enDes-Transvaal asook die Ongeluklawas van die Noord-Kaap~ wordchemies onderling vergelyk. Hulle word geklassifiseer asintrakratoniese andesiete. Tussen- gelaagde tuwwe engraderingsgelaagde cherte dui op die onderwaterse afsetting van dielawa in die Wes-Transvaal. Die paleogrond wat deurgaans hierdielawa oorle, het gevorm deur die chemiese uitloging van dieonderliggende vulkaniese gesteentes. Die Marice Hipabissale Suitebestaan hoofsaaklik uit dun amfibolitiese en noritiese plate wattussengelaagd met die Transvaal Opeenvolging voorkom. Die norieteis jonger, en kom nader aan die Bosveld Kompleks voor, as dieamfiboliete. Die amfiboliete het gevorm deur hidrasie tydensmetamorfisme van die noriete. Die randsone van die RustenburgGelaagde Suite is 814 m dik in die Nietverdiendomgewing, en bestaanuit sikliese eenhede met oliviennoriet, noriet en gabbroiesenoriet. In hierdie omge~ing word geen hipabissale ekwivalent vandie randsone aangetref nie. Die sikliese eenhede van diedaaropvolgende laer sone en kritieke sone bestaan uit duniet,harzburgiet, chromitiet en bronsitiet. In die laer sone is dik laevan duniet en harzburgiet ontwikkel~ terwyl chromitiete tipies isvan die kritieke sone. Volgens definisie begin die kritieke soneaan die basis van die LG-1 chromitietlaag. Die LG-1 tot LG-5 chromitietlaag word uitgeken in die gebied. Die siklisiteit, saammet die patroon van die chemiese veranderlikes langs die boorgatprofielword verklaar aan die hand van 'n proses van progressiewereaksie, gevolg deur 'n proses van progressiewe kristallisasie. Dieomgekeerde differensiasieneiging van die randsone en 'n gedeeltevan die laer sone word deur hierdie meganisme verklaar. Op hierdiewyse word daar deurgaans geintegreer onder die samestellings- endie temperatuurkurwe. 'n Kinetiese kristallisasiemodel vir dieonstaan van die chromietkonsentrasies, word aan die hand gedoen.Hiervolgens het die chromiet voortdurend uitgesak, terwyl dieolivien en ortopirokseen teen wisselende tempo's gekristalliseerhet. 'n Maksimum metamorfe temperatuur van 610 °C en druk van4.25 kb is bereken vir die granofelse ten ooste van Zelikatskop.Die druk tydens die inplasing van rand- laer en kritieke·sone wasongeveer 2 kb, maar het toegeneem met die inplasing van verderemagma van die Bosveld Kompleks. Die temperatuur van die vloergesteenteshet gedurende hierdie tydperk nie gestyg het nie.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文