已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die werk van Alexis Preller, 1934-1928, en 'n catalogue raisonné
[摘要] Alexis Preller is op 6 September 1911 in Pretoria gebore, waarhy ook op 13 Desember 1975 oorlede is.Hy was die jongste van vyf kinders van Olivia Maria Sandenbergen Mauritz Herman Otto Preller, 'n neef van die bekendeAfrikaner-historikus en -taalstryder Gustav Preller. Tydens syskooljare aan die Pretoria Boys High School het Preller aktiefbelanggestel in die toneel- en skryfkuns. Na die voltooiingvan sy skoolopleiding was hy werksaam in die stadsraad vanPretoria. Gedurende 1932 raak hy bevriend met Norman Eaton,wat hom aangemoedig het om na Groot Brittanje te gaan en hom askunsskilder te bekwaam. In 1933 het hy uit die betrekking wathy by die Pretoriase Stadsraad beklee het, bedank en die jaardaarop na Groot Brittanje vertrek waar hy met J. H. Pierneefkennis gemaak het. Tydens sy verblyf in Groot Brittanje het hysy kunsopleiding ontvang aan die Westminster School of Artonder Mark Gertler. Na sy terugkeer na Pretoria in 1935 het hy sy eersteeenmanstentoonstelling gehou. Sy werke het uit die staanspoorgetoon dat kleur 'n belangrike element in sy werk sou wees.Aanvanklik was hy sterk beinvloed deur Van Gogh en Gauguin. In1937 vertrek hy na die suide van Frankryk waar hy tuisgegaanhet in Monte Carlo. Met sy terugkeer in 1938 het hy by dieNuwe Groep aangesluit en deelgeneem aan hul eerstetentoonstelling. Daarna het hy en Truter na Swaziland gereis.In 1939 onderneem hy 'n reis na die destydse Belgiese Kongo(Zaire) wat 'n sterk stimulerende uitwerking op sy kuns gehadhet. Hy keer terug met talle idees en veral die 'urn-kop'(ritueel misvormde kop van Kongo-kinders) het onmiddellik entelkens daarna in sy werk na vore gekom.Tydens die Tweede Wereldoorlog (1939 - 45) het Preller in 1940by die Suid-Afrikaanse Mediese Korps aangeslui t. Hy is dievolgende jaar na Noord-Afrika en meer spesifiek na Egipte waar hy in die 14de Veldambulanseenheid diens gedoen het. In1942 word hy krygsgevangene geneem en na Italie gestuur. Naonderhandelings met die Rooi Kruis word hy in 1943 gerepatrieerna Suid-Afrika. Met sy terugkeer na sy vaderland in 1944 hethy 'n tentoonstelling van sy werke in Johannesburg gehou.Hierin het nuwe idees na vore gekom en het Afrika-visioene enoorlogsindrukke saamgevloei op sy skilderdoeke. In dieselfdejaar laat bou hy sy eerste ateljee 'Ygdrasil' na die ontwerpvan Norman Eaton.Tydens 'n volgende besoek aan Europa in 1946 het hy twee maandelank die versamelings in die groot kunsmuseums in Londen enParys bestudeer en in die Louvre die klassieke Griekse beeldhoustukkebestudeer. In die volgende jaar het Preller syateljee verkoop en na die Seychelle vertrek. Na sy besoek aandie Seychelle het Preller twee tentoonstellings in Johannesburgen Pretoria gehou waarop skulp- en vismotiewe maar ookChristuskoppe in sy werk voorgekom het.Deur middel van sy gebruik van kleur en die invloed van dieinheemse kuns in sy werk, het hy Suid-Afrika bewus gemaakdaarvan dat 'n Europese benadering nie summier op die Suid Afrikaansetoneel oorgedra kan word nie.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文