Betekenis van die makarismereeks in Matteus 5 - semantiek en Gattungsforschung
[摘要] Die doel van hierdie studie is om die relevansie van Gattungsforschung by dievasstelling van betekenis te ondersoek. Dit word gedoen deur hoofsaaklikdie Nuwe-Testamentiese makarisme as Gattung nader te belig en die funksie watdit in die reeks van Mt. 5:3-10 inneem, met die semantiese ontleding van diebetrokke perikoop in verband te bring.Gattungsforschung word tradisioneel met Formgeschichte geïentifiseer. Op die voetspoor van die Ou-Testamentikus Wolfgang Richter, stel hierdie studie op gesag van die insigte van die nuwere taal- en literatuurwetenskap die leemtes in die tradisionele benadering verder aan die kaak. 'n Uiteensetting van hierdie moderne insigte, veral met betrekking tot die semantiek, word gebied. Op grond van hierdie insigte word 'n nuwere benadering tot Gattungsforschungbespreek en verfyn.Die metodologiese oefening word dan met die oog op die doel van die studie ten opsigte van die makarismereeks in Mt. 5 toegepas. Die resultaat wat verkry is, toon dat Gattungsforschung 'n besonderlike konnotatiewe bydrae lewer tot diejuister bepaling van die boodskap van die teks. Hierdie resultaat word gesteun deur 'n oorsigtelike ondersoek na die funksie van enkele ander Gattungen. Die studie het aangetoon dat daar 'n goeie aanduiding bestaan dat Gattungsforschung 'n belangrike semiotiese relevansie bevat. En só is die deur geopen vir verdere besinning 'oor die kommunikeerbaarheid van literere tipes in Bybelse tekste.
[发布日期] [发布机构] University of Pretoria
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]