已收录 272969 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Floris Jespers en die Vlaamse ekspressionisme
[摘要] Hierdie proefskrif het as doel die daarstelling van 'n wetenskaplik- verantwoorde verkenning van die skilderkunstige werk van Floris Jespers (1889 - 1965) as 'n verteenwoordiger van die Vlaamse Ekspressionisme in Belgie. Die fenomenologiese aard van die studie en uitgangspunt daarvan lê in die eerste plek in die wese van die kunswerk self geanker. Dit was my strewe om die besondere estetiese kwaliteite - die tegniese sowel as die visionêre vormtaal - van die Jespersoeuvre aan 'n grondige ondersoek te onderwerp; verder, om te probeer vasstel in hoe vêr dit sou beantwoord aan die volkseie oorspronklikhede van die Vlaams-ekspressionistiese klimaat wat gedurende die twintigerjare van hierdie eeu 'n hoogtepunt in Belgie bereik het. 'n Wetenskaplike geskrif omtrent die kern van my onderwerpstudie is tot op datum nog nie gepubliseer nie.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:6      统一登录查看全文      激活码登录查看全文