已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Privaatpraktyk in maatskaplike werk
[摘要] Maatskaplike Werk, as die uiting van n samelewing se bemoeienismet mense in nood, word vir baie dekades reedsdeur welsynsinstansies beoefen. Welsynsinstansies isegter nie vir alle persone in nood aanvaarbaar nie, sodatdiegene in die middel- en hoer inkomstegroepe nie juis bymaatskaplikewerk-hulpverlening uitkom nie.In die VSA is dieselfde verskynsel gehanteer deur die instellingvan maatskaplikewerk-privaatpraktyk, wat tans daarn omvangryke en gevestigde hulpverleningstruktuur is. Sedert1970 het maatskaplike werkers in Suid-Afrika begin om privaatpraktykte oorweeg en het selfs daarmee begin eksperimenteer.Dog, uiteenlopende standpunte, hetsy evolusionereof revolusionere beskouings, word daaroor gehandhaaf.Die doel van die ondersoeke is dus om te bepaal of privaatpraktykin Maatskaplike Werk bestaansreg het, of dit beskikbaaren in privaatpraktyk bruikbaar is. Uit die bevindingskan n model vir die instelling en instandhouding van n lewenskragtigepraktyk ontwikkel word.Die ondersoek het bestaan uit n literatuurstudie en n empirieseopname in ses stede van die land onder drie teikensisteme,naamlik maatskaplikewerkers (privaatpraktisyns) ennie-privaatpraktisyns) , kliente van welsynsorganisasies enprivaatpraktyke en lede van vyf ander hulpprofessies.n Studiereis is na die VSA onderneem om privaatpraktyke tebestudeer en n vergelykingsbasis vir die Suid-Afrikaansebevindings te kry.Resultate uit die ondersoek dui daarop dat privaatpraktyk,as hulpverleningstruktuur, n realiteit in die maatskaplikewerk-professie is wat nie genegeer kan word nie. Die bestaansreg daarvan is teoreties kwalifiseerbaar, terwyl dienodige sisteme bestaan om maatskaplikewerk-hulpverleningprivaat en onafhanklik van welsynsinstansies aan te bied.Privaatpraktisyns verlang n infrastruktuur om hulle dienstebeter te organiseer, terwyl 97,8% van die nie-privaat-praktisynsten gunste van privaatpraktyk is, omdat dit n groterberoepskeuse bied en die professie se selfstandige optredebevestig. Verbruikers van privaatpraktyk-dienste is oorwegendtevrede, maar as gevolg van beperkte fondse kan diemeeste welsynsorganisasie-kliente nie privaatpraktyk-dienstebenut nie. Lede van die ander hulpprofessies dra nie voldoendekennis van die maatskaplikewerk-hulpbron nie, maaris oor die algemeen positief daaroor, hoewel net 52,9%voorsien om dit te benut.Indien maatskaplike werkers die nodige opleiding ondergaan,konstruktief beplan, besigheidsbeginsels inkorporeer, diediens bekendstel en kwaliteitdienste lewer, is n lewenskragtige praktyk verseker.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:4      统一登录查看全文      激活码登录查看全文