已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die lewe en werk van Dirk Meerkotter
[摘要] Daar is met die samestelling en skryf van hierdie hoofstuk gepoog om 'n oorsigtelike beeld daar te stel van Dirk Meerkotter. Eerstens word daar samevattende gegewens verskaf i.v.m. sy huislike milieu, veral gemik op sy ouers en ouerhuis. Die Meerkotterstamboom wat daarna volg, gee 'n interessante gesinsbeeld.Tweedens volg 'n kort, noodsaaklike paragraaf oor die geografiese milieu van Dirk Meerkotter. Vir die sensitiewe gees van veral die kunstenaar, sal die gegewens later in die bespreking uitkristalliseer as van besonder vormende waarde. Laasgenoemde het sy oorsprong gehad in jeugindrukke tydens die verblyf op verskillende plekke, maar veral Johannesburg en omgewing. Laastens volg 'n skematiese voorstelling in die vorm van n tydlyn. Hier kan dan met die ontvouing daarvan gesien word datums, Meerkotter se ouderdom op verskillende stadiums van sy ontwikkeling, woonplekke, skoolopleiding, studentejare, uitstallings, reise oorsee en ander belangrike gebeurtenisse in sy lewe. Daar word ook n aanduiding gegee van 'n periode-indeling van sy stylontwikkeling.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文