已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die Nederduitse Gereformeerde kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie
[摘要] Die historiese wortels van apartheid is vasgele in die tydperk tussen1652 en 1948. Die Ned. Geref. Kerk het vanaf die dertigerjare van dietwintigste eeu die regering versoek om apartheid statuter uit te bou.Met die bewindsverandering in 1948 het 'n nuwe fase van meer as veertigjaar in Suid-Afrika aangebreek. Gedurende hierdie tydperk vind ons 'nhegte band tussen die owerheid en die Ned. Geref. Kerk. Die Ned. Geref.Kerk het in 1948 apartheid vanu it die Skri f geregverd i g en het syprofetiese getuienis daarmee sterk onder verdenking gebring. Diestatutere implementering van apartheid het hierna gevolg. Die Ned.Geref. Kerk en die owerheid het hulle standpunte gegrond op die beginselvan voogdyskap. Hiervolgens was blankes die voogde van nie-blankes wathulle tot mondigheid moet begelei. Na republiekwording is die tuislandbeleidontwikkel sodat swartmense onafhanklikheid kon verkry. In diepraktyk het swartes afhanklik en ondergeskik aan blankes gebly.In 1974 verskyn Ras, Volk en Nasie as amptelike beleidsdokument van dieNed. Geref. Kerk. Die Skriftuurlike begronding verdwyn en apartheid wordom praktiese redes onderskryf. Die onluste van 1976 het 'n fase vankritiese evaluering van apartheid ingelei. Die regering het begin omtoegewings oor apartheid te maak.As gevolg van die diep kloof tussen politieke oortuigings van Ned Geref.Kerklidmate was die vroee tagtigerjare 'n fase vol huiwering vir die Ned.Geref. Kerk oor apartheid. Die besluit tydens die Algemene Sinode van1986 dat die Ned. Geref. Kerk oop is, was in beginsel 'n sprong weg vanapartheid soos gereflekteer in die nuwe beleidsdokument, Kerk enSamelewing. In die fase tussen 1986 en 1991 vind die beslisteontstrengeling van apartheid plaas. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheidhet dus saam apartheid geimplementeer en saam daarvan weg beweeg. Die Ned. Geref. Kerk het met sy ondersteuning van apartheid en hegte bandmet die owerheid meegewerk om sy baie bevoorregte posisie ten opsigtevan die owerheid ongedaan te maak. 'n Era is afgesluit en in die nuweSuid-Afrika is daar nou 'n nuwe owerheid met nuwe vennote. Indien dieNed. Geref. Kerk nuwe geleenthede aangryp, kan sy Skriftuurlike opdrag,met 'n duidelike profetiese stem, 66k teenoor die owerheid, gehoor word.Die alternatief is 'n eensame pad ...
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文