已收录 268921 条政策
 政策提纲
  • 暂无提纲
Die Ondersoek van 'n moontlike materiaal - afhanklike verklaring van die Coulomb-Navier interne wrywingskoëffisiënt
[摘要] Die onbevredigende konsep van die interne wrywingskoeffisientwat as basis dien vir numeries-bruikbare fraktuurkriteria virbrosmateriale, onder andere die van Coulomb-Mohr, impliseerdat daar meriete in die kriteria bestaan, maar dat daar ookfundamentele aspekte van die fraktuur.meganika vir brosmaterialebestaan wat nog ontsluit moet word. Met hierdie as onderliggendebehoefte, word die probleem geidentifiseer deureers die waarskynlike tekortkominge in die interpretasie vandie bestaande teoriee in oenskou te neem.So word byvoorbeeld die rol van die inter.mediere hoofnormaalspanningmet behulp van die stereografiese projeksiemetodegeillustreer waaruit afgelei kan word dat die probleem,in teenstelling met die opinie van sommige ander navorsers,wel drie-dimensioneel van aard is. Daar word oak aangetoon dat die gemiddelde normaalspanningsvlakmeganistiese eienskappe bevat wat daarop dui datdit die kritieke fraktuurvlak kan wees. Aangesien hierdievlak egter invariant ten opsigte van die normaalspanningsverwysingsnetwerkis, word die begrip netto-normaalspanningingevoer wat 'n funksie van die Poissonverhouding is.Deur 'n funksionele verwantskap af te lei vir diehelling van die Mohrenvelop wat die Mohrsirkel raak by diepunt wat verteenwoordig word deur die gemiddelde netto-hoofnor.maalspanning in terme van die normaalspannings en diePoissionverhouding, word 'n moontlike materiaal-afhanklikeverklaring van die interne wrywingskoeffisient verkry.Dit word bevind dat hierdie vergelyking sinvolle waardesvan die interne wrywingskoeffisient voorspel, wat impliseerdat daar meriete in die benaderingswyse bestaan wat dieformulering van die verwantskap voorafgegaan het. 'n Uitvloeiselvan die benaderingswyse is dat dit aanleiding geetot 'n gewysigde vorm van voorstelling van eksperimenteledata. Daar word bevind dat die gewysigde voorstelling baie gevoelig is vir sekere veranderlikes en die rol van invariantetoestande word ook deur hierdie voorstelling beklemtoon.'n Afleiding wat uit hierdie verhandeling gemaak kanword, is dat dit moontlik behoort te wees om 'n fraktuurkriteriumin terme van elastisiteitskonstantes te formuleer.
[发布日期]  [发布机构] University of Pretoria
[效力级别]  [学科分类] 
[关键词]  [时效性] 
   浏览次数:3      统一登录查看全文      激活码登录查看全文