Die Evangeliese Lutherse Kerk Kuns-en Handewerksentrum, Rorke's Drift
[摘要] Die Evangeliese Lutherse Kerk se Kuns- en Handwerksentrum byRorke's Drift wat op die grens van Natal en KwaZulu geleë is, is 'nunieke onderneming wat as opleidingsentrum engemeenskapsprojek met hulle Afrika-geinspireerde handwerkbekendheid in Suid-Afrika en in die buiteland verwerf het.Die behoefte na die stigting van 'n sentrum in Suid-Afrika omplaaslike Afrika-kuns te bevorder het grootliks ontstaan as gevolgvan die Swartman se veranderde omstandighede. 'n JongSweedse egpaar, Peder en Ulla Gowenius, is deur die SweedseKomitee vir die Bevordering van Afrika-kuns en -handwerk in 1961gewerf om in Suid-Afrika te kom werk. Die algemene oogmerkevan die sentrum wat in 1962 op die geskiedkundige terrein vanRorke's Drift gevestig is, was om die artistieke erfenis van Afrikate bevorder en die Swartman se trots in hierdie erfenis te voed.Werksgeleenthede is geskep, afsetgebiede vir die handwerk isgevind en die lewensgehalte van die omgewing is verhef. Diehandwerksentrum waar weefwerk, pottebakkery en gedruktetekstiel deur Zoeloemense geproduseer word, vorm die spilwaarom Rorke's Drift draai.Afrika-kuns reageer op sosiale en politieke omwentelinge watplaasvind. Nuwe tipes kunstenaars vervul nuwe funksies en geeuitdrukking aan nuwe idees. Hedendaagse Afrika-kuns word vinnigryker en meer veelsoortig. Die Rorke's Drift-sentrum watdaarna streef om 'n unieke erfenis relevant te hou, is 'n lofwaardigeprojek waarvan die vrugte ook deel van ons erfenis vorm.
[发布日期] [发布机构] University of Pretoria
[效力级别] [学科分类]
[关键词] [时效性]